Kurt Darren

Kurt Darren

Kurt Darren | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Kurt Darren is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, akteur en TV-aanbieder. Sy eerste treffer-album Meisie Meisie het meer as 60 000 kopieë verkoop.

Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

1995: For Your Precious Love
1997: Just When I Needed You Most
1998: Kurt Darren
2000: Since I Found You
2001: Net Jy Alleen
2002: Meisie Meisie
2003: Sê Net Ja
2004: Staan Op
2005: Vat my, maak my joune
2006: Lekker Lekker
2007: Voorwaarts Mars
2008: 30 Goue Sokkietreffers
2008: Uit die diepte van my hart
2009: Smiling Back At Me
2009: Die Beste Medisyne
2010: Met Liefde/With Love
2010: Oos-Wes Tuis Bes (Deluxe edition)
2011: Kurt Kaptein se platinum treffers
2012: In jou oë
2014: Seerower
2015: Lied Vir Die Vrou
2016: Sal Jy Met My Dans?
2017: Laat Die Dansvloer Brand
2019: #Partytjiedier

Biografie

Kurt Darren is ’n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur.

Hy het reeds agt South African Music Awards (SAMA’s) ingepalm. Sedert 1995 tot vandag het hy 23 albums uitgereik, ’n bekende televisie-program aangebied, talle video’s en ook ’n paar films gemaak.

Hoewel sy eerste album in 1995 vrygestel is het Kurt eers in 2002 ’n huishoudelike naam geword met sy treffer-album Meisie Meisie wat meer as 60 000 kopieë verkoop het. 

Smiling Back at Me – sy album in 2009 – het goue status bereik op die eerste dag van uitreiking deur 22 000 kopieë te verkoop.

Meisie Meisie en tien van sy ander treffers is vertaal en in ander lande uitgereik.

Hy is bekend in lande soos België, Nederland en Duitsland. Een van Kurt Darren se loopbaan-hoogtepunte was om in 2008 in Londen by die Nelson Mandela 46664-konsert op te tree. 

Hy het ook die gewilde program op kykNET genaamd Jukebox aangebied. Die program het musiekvideo’s gespeel wat deur kykers verkies is. Hy het ook ’n radioprogram op Jakaranda FM aangebied.

Op 8 Januarie 2001 het Kurt Darren met Suid-Afrikaanse model Dunay Nortjé getrou. Hulle is ook trotse ouers van twee pragtige kinders.

In Julie 2013 was Kurt in ’n ernstige ongeluk wat sy lewe verander het. Hy was op pad terug van ’n rugbywedstryd toe hy beheer oor sy motor verloor het.

Hy het elf bene gebreek en ernstige kop- en oogbeserings opgedoen. Na maande van behandeling was egter hy weer perdfris en gesond.

Kurt is ook n sakeman en akteur. Behalwe vir sy talle musiekvideo’s, is hy ook te sien in ’n paar Afrikaanse films, waaronder Liefling (2010), Susanna van Biljon (2010), The Race-ist (2010) en Ek lief jou in 2011.

Met altesame 23 solo-albums, talle toekennings, vertalings van sy liedjies in ander tale en toere regoor die wêreld is hy beslis een van die legendes in die Afrikaanse musiekbedryf. 

Hy bly standvastig in sy familie- en persoonlike lewe terwyl hy ’n roemryke reis in Suid Afrika beleef.

Suid Afrikaanse Kunstenaars