1925 Band

1925 Band

 1925 Band | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Die 1925 Band wat bestaan uit drie super-talentvolle broers, se langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, is in September 2017 bekendgestel.

1925 Band - 'Eintlik Nogal Baie' - Music Video (2016)
Al te min te veel gevra - 1925 Band music video
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Eintlik Nogal Baie -- 2017

Biografie

1925 Band wat bestaan uit drie super-talentvolle broers, se langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, is in September 2017 bekendgestel.

Die naam van die album, Eintlik Nogal Baie, was ook die tema-lied van die gelyknamige film wat in November 2016 uitgereik is. Hierdie liedjie het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal, die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans vertaal.

Reno, Jeff en David-Lee Gericke het in 2010 besluit om professioneel te begin musiek maak en het onlangs ‘n platekontrak by Storm Rekordz losgeslaan. Die Moederstad is tans hul heenkome, maar hulle toer gereeld deur die land vir optredes.

Reno sê dat sy broer, David, se meisie oorspronklik die inspirasie was agter die liedjie, Eintlik Nogal Baie.

Die liedjie gaan oor hoe vêr ’n mens sal gaan om geluk te vind en hoe lief jy kan raak vir iemand.

‘n Ou soek die perfekte meisie om alles saam met hom te doen en wanneer hy haar vind, is hy gelukkig.

Die wysie van die liedjie is vars en anders en luisteraars sal kan saamsing. Maar ook terselfdertyd verlief, hartseer en opgewonde voel wanneer hulle daarna luister, verklap Reno, die ouboet van die groep.

Die nuwe album spog met 9 oorspronklike liedjies en 2 bonussnitte.

Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë. Ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel, sê Reno.

David en Jeff skryf meeste van die liedjies en word gewoonlik deur verskeie faktore geinspireer.“Ons inspirasie vir die nuwe album kom hoofsaaklik uit ons ondervinding en ons groot skuif van Pretoria na Kaapstad. Ons is werklik trots op die album” sê Jeff.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars