Abel Kraamsaal

Abel Kraamsaal

Abel Kraamsaal | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Abel Kraamsaal is ‘n Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik rock-musiek sing. Dit was op driejarige ouderdom dat Abel sy bottels vir ‘n kitaartjie verruil het…die res is geskiedenis.

Abel Kraamsaal - Blomkind
Kaalgat In Die Reen
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Die Afstand Tussen Tyd, 2010

Vasgevang – Die Beste Van Abel Kraamsaal, 2008 VONK MUSIEK

Sondeval, BOWLINE

Wonder Jy Ook Soms?, 2005 CABEL/BOWLINE

Woorde op ‘n Wynboks, 2003 AFRIMUSIK

Biografie

Abel Kraamsaal is ‘n Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik rock-musiek sing. 

Dit was op driejarige ouderdom dat Abel sy bottels vir ‘n kitaartjie verruil het…die res is geskiedenis.

Sy eerste Album, “Woorde op ‘n wynboks”, is in 2003 opgeneem en vrygestel. Hierdie album is opgeneem met Gian Groen aan die stuur van produksie. Die doel van die album was om die Kraamsaal naam daar buite te kry en stelselmatig ‘n markaandeel te verseker. Sy album is baie goed deur die publiek en media ontvang.

Die 2de album, “Wonder jy ook soms?”, is aan die einde van 2004 opgeneem en vrygestel in 2005. Hierdie album bestaan uit 13 tracks en bring die Kraamsaal klank en diversiteit na vore. Dis ‘n unieke album wat met jou verbeelding en emosies wipplank ry en jou voete laat jeuk op party plekke. Dis op hierdie klank en kwaliteit wat ons wil voorbou.

Sy 3de album, “Sondeval”. Die plan was oorspronklik om ‘n anderse album te maak en in ‘n mate is dit effens anders as die voriges, of het die musiek net evolve? Besluit self. Die cd bestaan uit 12 songs, 9 Afrikaans en 3 Engels.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis