Akkedis Band

Akkedis Band
Akkedis Band | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Die Akkedis Band is ‘n Afrikaanse rock-musiekgroep wat deur die Dennis tweelingbroers, Arthur en Rudi gestig is.

Hangklip Akkedis Band Music Video
Akkedis - Tot Ons Uitpaas
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Onder ou Tafelberg, 2016

Dekade: 1998–2008 – 2008

Afrika My Baby – 2007

Vir Volk en Vaderland – 2006

Voortvlugtend – 2001

Husse Met Lang Ore

Biografie

Die Akkedis Band is ‘n Afrikaanse rock-musiekgroep wat deur die Dennis tweelingbroers, Arthur en Rudi gestig is.

Die verhaal van Akkedis begin vroeg in die negentigerjare, toe die tweeling hul militêre plig gedoen het.

Alhoewel hulle op ‘n vroeë ouderdom kitaar en tromme gespeel het, het hulle op die militêre lugmagbasis aan oorspronklike materiaal begin saamwerk.

Toe Adrian John Graham by die groep aangesluit het, het hul klank gevorder tot die tydlose rockklank wat Suid-Afrikaners al meer as twee dekades ken en geniet.

Om saam in ‘n “band” te speel met jou tweelingbroer kan ‘n seën of groot frustrasie wees. Vir Arthur is dit egter die behoud van die band. “Familie staan bymekaar deur goeie en veral slegte tye. Dis nie asof ons mekaar kan ‘fire’ nie. Baklei, dan is dit verby.”

Ook as dit by die skryf van lirieke kom is daar ‘n balans tussen die twee broers. Arthur skryf die nuwe materiaal wat dan verwerk word saam met AJ.

Arthur se: “Ek skryf oor daaglikse ondervindinge en nou veral die liefde vir Afrika en al sy kulture. Ek dink die African invloede gaan nog vassteek vir ‘n tyd.” Neil Young, Johnny Clegg, Leonard Cohen, Piet Botha, Koos du Plessis en natuurlik Bob Marley is maar van die enkeles wat ‘n rol speel in die vorm van die unieke Akkedis-klank.”

Hulle het intussen twee albums saam met die Lyzyrd Kyngs (Piet Botha en Akkedis) gemaak en die suide van Afrika en Duitsland daarmee getoer. 

Die groep se sesde album Onder ou Tafelberg is in 2016 vrygestel.

Akkedis het gemiddeld 4 shows per week en is nie van plan om binnekort te vertraag nie. Afrikaan, reggae, blues, rock, folk, Zoeloe, Afrikaans, Engels, daar is niks wat hierdie seuns nie kan doen nie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis