Albert de Wet

Albert de Wet

Albert de Wet  | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy het sy debuut gemaak as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring.

Albert de Wet - 7de Laan
Albert de Wet - 1924
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Live By Die Barnyard Teater DVD

Dagboek Van ‘n Dromer DVD – 2006

Dagboek Van ‘n Dromer – 2006

Drie Jaar – 2008

Die vensters na my siel – 2010

Highway to your heart – 2010

Bang vir die Donker – 2012

Biografie

Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer.

Hy het sy debuut gemaak as sanger in 2005. Hy het in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings deur gedring.

Sy debuutalbum ‘Dagboek Van ‘n Dromer’ word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel. Daarna het heelwat treffers gevolg.

Albert is in 2006 genomineer as ‘n finalis in die “World song vision contest”. Hy is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. 

Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang.

In 2007 stel hy sy tweede album, “3 Jaar” vry. Die album word ook genomineer vir ‘n SAMA-toekenning as beste rock-album.

Met die liedjie “Wat het gebeur by Aliwal-Noord?” verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

Julie 2010 stel Albert de Wet sy derde album vry “Die vensters na my siel”. Ook ‘n album met al sy Engelse liedjies genaamd “Highway to your heart”. 

2011 word die album “Die vensters na my siel” genomineer vir ‘n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporere Album.

Junie 2012 stel hy sy vyfde album, “Bang vir die Donker” vry.

Hierdie album word ook benoem vir die 2013-Ghoema-musiekprys vir beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar.

Albert is ook ‘n prokureur en besit sy eie prokureurs firma.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars Albert de Wet
On Stage
Musiekhuis