Amanda Strydom

Amanda Strydom
Amanda Strydom

Amanda Strydom | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Afrikaanse kabaretsangeres, liedjieskrywer en aktrise wat ook bekendheid in Nederland verwerf het, Amanda Strydom.

Amanda Strydom - Skielik Is Jy Vry (live)
Amanda Strydom - Pelgrimsgebed (live)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Songs from State of the Heart 1995

The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder 1995

Vrou by die Spieël 1996

‘n Vuur gevang in Glas 1997

Hotel Royale 1998

Ek Loop Die Pad, 20 Jaar 2000

Op ‘n Klein Blou Ghoen 2001

Jazz vir jou en ‘n bietjie Blou 2002

Verspreide Donderbuie/Scattered Thunder 2003

‘n Rugsak vol Robyne 2005

Briewe Uit Die Suide 2007

Kerse Teen Die Donker 2008

Stroomop 2010

Biografie

Amanda is een van Suid-Afrika se mees gevierde kunstenaars.

Amanda is nie net ‘n sanger en kabaret kunstenaar soos die meeste mense haar ken nie.

Sy skryf ook haar eie lirieke en toneelstukke en is ‘n bekroonde aktrise.

Sy is op 23 Julie 1956 in Port Elizabeth gebore en matrikuleer aan die Framesby Hoërskool in 1974.

As kind studeer sy drama by Mari Mocke en Marlene Pieterse se “Kinderteater” en vaar uitstekend in die plaaslike Eistedfodds. Na haar skoolopleiding gaan studeer sy drama en gradueer met ‘n BA Drama graad aan die Universiteit van Pretoria.

Behalwe vir haar deelname aan skoolkore, kerksang en die eggo in die badkamer van haar ouerhuis, het sy geen formele sangopleiding nie en kan sy ook nie ‘n noot musiek lees nie.

Ná haar universiteitsopleiding word Amanda aangestel as aktrise in die hoof teatergroep van die Kaapse Provinsiale Raad vir die Uitvoerende Kunste (KRUIK).

Hier het sy hoofrolle vertolk in Kinkels innie Kabel en Die Wonderwerk.

Haar vertolking van die hoofrol in die Franz Marx film, Pasgetroud in 1979 het haar in die vryskut vermaaklikheidswêreld laat beland.

Hier werk sy in teater, film, televisie, kabaret en ook as TV aanbieder, radio platejoggie en skrywer.

In 1986 veroorsaak sy ‘n “skandaal” toe sy met gebalde vuis die swart magsteken gee tydens ‘n kabaret opvoering by die Oude Libertas in Stellebosch. Sedertdien is sy dikwels in die pers aangehaal as “Amandla” Strydom.

Kort na die insident is sy amper emosioneel kreupel gelaat met bipolêre depressie en later skryf sy die toneelstuk “In Full Flight” hieroor. Dié toneelstuk is deur kritici begroet as ‘n “openbaring”.

Ná ‘n afwesigheid van drie jaar van die vermaaklikheidsberoep tree Amanda in 1992 terug na die verhoog. Die keer met haar eie produksies wat sy met groot sukses self skryf en opvoer en wat wyd deur resensente aangeprys word.

Haar versamelalbum, “Ek loop die pad, 20 jaar”, word in 2000 vrygestel ter viering van Amanda se sangloopbaan wat toe reeds al oor ‘n 20 jaar tydperk strek.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis