Ampie du Preez

Ampie du Preez

Ampie du Preez | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Ampie du Preez is ‘n briljante en gesogte liedjieskrywer, platebaas, asook solo kunstenaar en almal staan tou om van sy talent gebruik te maak.

Ampie - Namib Woestyn
Ampie - Niks en Niemand
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Maak Jou Drome Waar -- 2010

Niks en Niemand -- 2013

Geheim -- 2015

Biografie

Ampie is gebore op 27 Mei 1982 in Pretoria. Van vroeg af reeds was dit duidelik dat hy geseën is met baie talente. Hy het veral uitgeblink in sport en so dan provinsiale kleure verwerf in verskeie sportsoorte.

Soos wat hy ouer geword het, het hy ‘n liefde ontdek vir musiek, en so sy God gegewe talent begin ontdek. Hy het ure aaneen begin spandeer met sy eerste liefde – sy kitaar.

Hy het so balans gehandhaaf tussen sport, musiek en akademie, waarna hy na matriek Finansiële bestuur aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het. Daarna het hy 4 jaar gewerk as ‘n konsultant by ‘n belasting firma.

Deur dit alles, was sy hart altyd by musiek en dit was deurentyd deel van wie hy is. Ampie het reeds sy eerste “band” Definitely Maybe in standard 9 begin en daarop volg sy deelname aan die sang-duo kompetisie Zing op Kyknet.

Ampie se paaie het met Hanno van Heerden gekruis en ‘n Man soos Jan het begin rock in kuierplekke regoor Pretoria.

Glitterati se Temalied was deel van hulle suksesverhaal.

Ampie was ook betrokke by die bestuur van Elizma Theron, en het ‘n paar treffers vir haar geskryf soos die lied Ek Soek Jou wat as titelsnit gebruik was.

Ampie het aangehou om sy hart te volg en sy pad oop te veg vir ‘n plek in die Suid Afrikaanse musiekbedryf en na vele teleurstellings opgestaan en harder teruggeveg om sy droom ‘n realiteit te maak.

Hy het as projek ‘n CD aangepak saam sy jarelange vriend die krieketspeler A.B de Villiers waarop Ampie al die liedjies op die album geskryf het. 

Sean Else en Ampie se liefde vir Country Pop musiek in die styl van Keith Urban en ander groot name het hulle bymekaar gebring. So het hulle ‘n nuwe orkes 34 GRADE SUID gestig.

Hulle het saam begin skryf en onmiddelik ‘n nuwe styl ontwikkel wat uniek is tot die Afrikaanse musiekmark. Die musiek is aards en melodies en Sean en Ampie se stemme betower met pragtige harmoniëe en tekstuur.

Hulle paaie het geskei toe Ampie ‘n solo loopbaan wou volg.

Sean het te besig geraak met teater-vertonings en vervaardiging van rolprente.

Ampie het uiteindelik sy langverwagte droom bereik om as solo kunstenaar sy eerste poging aan te wend.

Hy het kragte saam gespan met die bekende Coleske Artists groep beklink om sy eerste CD bekend te stel.

Hy het verder kragte saam gesnoer met die bekende musiekvervaardiger Murray Lubbe. Die twee het in samewerking met ander maatskappye ‘n platemaatskappy gestig. Hulle is tans besig met hul eerste twee kunstenaars, Kerry Lee asook PJ Cruz.

Murray het saam met die land se grootste kunstenaars gewerk. Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Riana Nel, Romanz, Theuns Jordaan en Bobby van Jaarsveld om maar ‘n paar te noem.

Hulle het ook ‘n moderne afrikaanse country groep saam met een van die land se top kitaarspelers, Danny Smoke.

Ampie is ‘n briljante en gesogte liedjie skrywer, platebaas, asook solo kunstenaar. Almal staan tou om van sy talent gebruik te maak.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis