Anders

Anders

Anders | Suid Afrikaanse Kunstenaars

ANDERS is ʻn Afrikaanse pop/country- duo , wat met hul debuutalbum Dink Leef Klink opslae in die geestelike genre gemaak het. Daarna het die romantiese album #liefdesverhale gevolg. Albei albums het Ghoema-benoemings ingepalm.

Anders Orkes - Ons koning kom
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Dink, Leef, Klink -- 2019

Liefdesverhale

Ek onthou

Bruid

Pretoria – Single

Biografie

ANDERS is ‘n afrikaanse pop/country duo wat bestaan uit man en vrou, Wynand & Lindi Delport. Dink “Lady Antebellum” en “Taylor Swift” maar met oorspronklike, Afrikaanse lirieke waarmee jy vinnig saam sal sing!

ANDERS het groot opslae gemaak met hulle eerste album, “Dink Leef Klink”. Met ‘n vars, nuwe gospel klank was dit iets waaraan die industrie nie gewoond was nie, maar definitief verwelkom het met ope arms. Binne ‘n jaar is die album genomineer vir ‘n Ghoema toekenning en optredes regoor SA, sowel as ‘n optrede by Gospel Skouspel. Hulle video en herskepping van “Ons Koning kom” is vandag nog ‘n gunsteling!

Na ‘n baie suksesvolle debuut album, is die besluit gemaak om ‘n album te skryf oor die liefde. Wynand & Lindi is immers ‘n getroude paartjie en het baie materiaal gehad om oor te skryf. Die eerste lied, “Mooi vir my” is opgeneem, en saam met die musiekvideo vrygestel. Die video en lied was dadelik ‘n treffer en Anders is gekontak deur Select Musiek (Sony). Kontrak is geteken en die #liefdesverhale album is vrygestel begin Oktober 2013 met baie optredes en musiekvideo’s wat volg in 2014.

“Die pad”, ‘n “country” duet is ook gekies as deel van die fliek “Boer soek vrou” se klankbaan en Anders sal lewendig optree met die fliek se premier in Johannesburg. ANDERS maak slegs gebruik van die industrie se top musikante en het ‘n talent om enige huidige treffer te herskep. Met hulle vars talent, oorspronklike liedjies en energie kan jy seker wees dat daar nog baie van ANDERS te siene gaan wees.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis