André Schwartz

André Schwartz

André Schwartz | Suid Afrikaanse Kunstenaars

André Schwartz is ‘n Suid-Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in: Lief vir alles hier, Ritme Deur Die Nag en Ek wil jou nooit weer sien.

ANDRÈ SCHWARTZ - Tweede Kans [AMPTELIKE MUSIEK VIDEO]
André Schwartz - Lief vir alles hier
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Treffers -- 1995

Kom Terug -- 2004

Lief Vir Alles Hier -- 2009

Ritme Deur Die Nag -- 2010

12 plus One -- 2011

Ek Wil Weer -- 2013

Die Pad -- 2019

Biografie

Andre Schwartz is een van Suid Afrika se bekendste en gewildste kunstenaars.

Hy is ‘n uiters veelsydige kunstenaar en is tuis op die verhoog in elke genre.

Andre maak sy TV debut op ouderdom 14.  Sy opleiding is klassiek beide vokaal asook as pianis.

As platekunstenaar het Andre 14 solo CD’s op sy kerfstok waarvan meeste goue status bereik het.

Die style wissel tussen pop, Afrikaans, Musiekblyspele en Big Band.

Hy het ook baie van die lirieke asook die musiek vir die liedjies self gepen en baie van die liedjies is nou al volksbesit.

Andre se verhoogspersoonlikheid is aangrypend.  Hy “show ” nie – hy kuier met sy gehoor.

Hy vertolk rolle soos Joseph In Joseph and his amazing technicolour Dreamcoat, Christ in Jesus Christ Superstar, Frederick in Pirates of Penzanes, The Phantom in The Phantom of the Opera en Captain von Trapp in The Sound of Music.

Vir sy vertolking van Phantom wen hy ‘n legio toekennings en word geprys as een van die beste Phantoms ter wereld.

Alladin was ‘n pantomime waarin Andre die aaklige Aggenee Abanazer gespeel het.

Die man is elke sin ‘n ware leading man – het het nog nooit in ‘n verhoogstuk gepeel waar hy nie die hoofrol vertolk het nie.

Andre is ‘n hoogs bekwame TV aanbieder met meer as 60 kosprogram aanbiedinge op sy kefstok vir MNet.

Hy is al te sien as beoordelaar op realiteits TV programme en was al te sienne in top sepies – selfs as hyself! Hy het onlangs ‘n skurk gespeel in die sepie 7e Laan.

Andre het ook sy eie speletjiesprogram aangebied vir SABC2.

Hy het sopas die rol van Straus vertolk in die splintennuwe trefferreeks vir KykNET – Sterlopers.

Andre het sy eie bemarkingsmaatskappy en work met van SA se top handelsmerke Clover, Appletiser, Cobra, Momentum om maar ‘n paar te noem.

Andre het ‘n vlymskerp intellek en het ‘n besonderse sin vir styl en toepaslikheid.  Hy het ‘n besonderse sin vir humor.

Andre is ‘n perfeksionis.

Hy besit ‘n bree algemene kennis en dit maak hom ‘n interaktiewe rolspeler gedurende gesprekvoering op skerm, op die verhoog en van die verhoog af.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis