Andries Vermeulen

Andries Vermeulen

Andries Vermeulen | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Ná die wegholsukses van sy dubbelalbum, Kô lag ‘n bietjie, is Andries Vermeulen terug met ’n versameling van sy beste musiek en stories. Dié nuwe dubbelalbum, In Afrikaans, spog met tien liedjies en dertig stories wat luisterplesier verseker.

Andries Vermeulen "In Afrikaans" - Musiek Video
ANDRIES VERMEULEN - "DIE WESKUS MANIER"
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Wie se hande, Wie se voete – 2006 

Jy vry Lekke… – 2008

Weskus Kwêla – 2010 

Want hy vertel so Lekke – 2011 

Bakbeen Anties – 2013

Want hy vertel so Lekke vol 2 – 2013

Kom Lag ‘n Bietjie – 2015 

In Afrikaans – 2017

Biografie

Ná die wegholsukses van sy dubbelalbum, Kô lag ‘n bietjie, is Andries Vermeulen terug met ’n versameling van sy beste musiek en stories. Dié nuwe dubbelalbum, In Afrikaans, spog met tien liedjies en dertig stories wat luisterplesier verseker.

Hoewel die nuwe album steeds Vermeulen se stempel dra, wys hy ook nuwe dele van sy persoonlikheid, met ’n meer volwasse aanslag.

Die eerste CD bevat die musiek en hy het van sy musiekvriende soos Elvis Blue, Adam Tas en Steve Hofmeyr ingespan om van die musiek te skryf.

Die tweede CD bevat die stories, waarmee Vermeulen self vorendag gekom, of geleen, het soos hy dit regoor die land gehoor en geniet het.


Dit is sekerlik die beste samevatting van storievertelling en liedjies wat ek nog gedoen het. Die storievertellings op die album sal jou laat lag, maar ook onthou van beter dae. Dit sal jou laat vergeet van jou probleme. Dit weerspieël die nostalgie en waarde van storievertel in Afrikaans op sy beste, vertel hy.

Vermeulen is alombekend as ’n Afrikaanse Storieverteller, Sanger en TV aanbieder met ’n suksesvolle kykNET-program, OppieStoep, wat hy weekliks aanbied saam met sy kollega Pietman Geldenhuys.

Kô lag ‘n bietjie het meer as 24 000 kopieë verkoop en was vir ses opeenvolgende weke in 2015 onder die top 20-verkopers. Dié album het in 2016 ook ’n kykNET Ghoema-toekenning vir beste humor-album ingepalm en was genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo-Toekenning.

Jy maak egter geen fout om hierdie veelsydige kunstenaar te bespreek vir jou funksie nie!!!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis