Anna Davel

Anna Davel

Anna Davel | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Anna Davel is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres. Sy is in 1997 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van haar treffers sluit in: Die Gypsy in jou oë en Te lank al.

Die Gypsy in jou oe - Anna Davel
Anna Davel - Viooltjies
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Te Diep -- 2000 (J N S Musiek)

Gypsy -- 2002 (Rhythm Records)

Godinne Op Die Grondpad -- 2005

Raaisels, Skepe & 1000 Drome -- 2007 (Select Music)

Moment -- 2014 (ADCD06)

Biografie

Met ‘n kombinasie van sielvolle live optredes en pragtige liedjieskrywery, betower Anna Davel twee dekades lank gehore. Sy het 9 bekroonde albums en 1 DVD uitgereik en talle musiekproduksies vir teater en feeste opgelewer.

Dit het in 1997 begin toe sy die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie geword het.

Haar inskrywing op Viooltjies het haar op die kaart geplaas as sanger, liedjieskrywer en uitvoerder.

Die lied het ‘n merkwaardige indruk gemaak met die tema huishoudelike mishandeling. Anna verwerf in 1998 haar diploma in ligte musiek / jazz aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie.

Later die jaar het sy by die gewilde vroulike a Capella-groep Cutt Glas aangesluit en was ‘n lid tot 2003. Die groep het oral in Suid-Afrika en in die buiteland getoer in lande soos die Verenigde Koninkryk, Portugal, Finland, China en België. Tydens haar tyd saam met die groep het hulle drie albums uitgereik.

In 2003 besluit Anna om dit solo te doen en opwindende dinge gebeur sedertdien!

Haar loopbaan lewer agt bekroonde albums en ‘n magdom oorspronklike musiek uit haar pen.

In 2006 word haar eerste solo-album met die gesogte SAMA bekroon vir beste kontemporêre album vir volwassenes in Afrikaans.

In 2008 is sy saam met slegs vyf top Suid-Afrikaanse dames benoem as beste vroulike vokalis tydens die gesogte VMT Music Awards-seremonie in Emperor’s Palace.

Anna Davel | Afrikaanse Sangers | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis