Anton Botha

Anton Botha

Anton Botha | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Anton Botha is ‘n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en sanger. Hy is in 2003 aangewys as een van die ATKV se Crescendo finaliste. Van sy treffers sluit in Jakaranda en Asseblief asseblief.

Anton Botha - Asseblief asseblief
Anton Botha - Naby My
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Jakaranda -- 2009

Tribute To Smokie · 2009

Alles of Niks -- 2013

My Grootword Liedjies -- Ons Volksbesit -- 2014

Kersfees Saam Met Vriende -- 2017

Biografie

Anton Botha is ‘n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en sanger. 

In sy laerskool dae het hy alreeds saam met groot name soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Randall Wicomb opgetree. 

2003 is hy aangewys as een van die tien ATKV Crescendo finaliste.  

2008 word hy genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse Pop Album vir Jakaranda.

Dieselfde jaar word hy vereer met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums Country Kersfees en Country Konings 1. Albei het onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het.

Anton is in 2016 benoem as ‘n kandidaat in die kategorie vir beste Rock-album tydens die jaarlikse Ghoema-toekennings. 

As ‘n baie gewilde liedjieskrywer is sy musiek al deur verskeie van ons land se bekendste musieksterre opgeneem.

Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Thys die Bosveldklong, Wynand Strydom, Karlien Husselman en Izak Davel onder andere.  

Ook het hy toere saam met die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en Thys die Bosveldklong gedoen.

Resensies van sy musiek is al gepubliseer in tydskrifte soos Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif en nog vele meer.

Hy is ook al te sien op televisie programme soos Jukebox, Kwela en DKNT2 op KykNET. 

Sy musiek kan op talle radiostasies gehoor word en hy het ook al verskeie top tien plekke behaal op treffersparades. Hy is verseker hier om te bly.

Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk. 

Kurt Darren -- Rapport Tydskrif -- Bl 20, 26 November 2006

Hy spog ook met ‘n arsenaal musiekvideos op Youtube en wat ook gereeld op televisie gesien kan word.  

Wat jy kan verwag van ‘ n tipiese vertoning is vermaak vir almal. 

Nie een vertoning is ooit dieselfde nie. Hy is baie lief daarvoor om requests vanuit die gehoor te doen. Met sy ongelooflike musiekkennis was daar tot nou nog niemand wat hom kon uitvang nie.

Sy gunsteling musiek is ou rock-musiek vanuit die 80’s en 90’s. 

Musiek van Dire Straits lê hom na aan die hart. 

Hy is ook lief vir Afrikaanse musiek en vermaak graag gehore met sy eie liedjies.

Met hom aan die stuur van sake, verseker dit dat enige optrede onvergeetlik sal wees.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis