Armand Hofmeyr

Armand Hofmeyr

Armand Hofmeyr | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Armand Hofmeyr se musiek is ‘n mengsel van wydtreffende rock en pop, gesprinkel met polsende dansritmes.

ARMAND HOFMEYR - Liggies
ARMAND HOFMEYR - Hart In Twee Wil Deel (Official Music Video)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Foto’s En Briewe -- 2010

Rug Teen Rug -- 2012

Lekkerlyf -- 2014

Biografie

Armand Hofmeyr is op Kroonstad op 26 Augustus 1989 gebore en het op verskeie dorpies in SA groot geword. Na hy skool vaarwel geroep het, het hy in 2008 by Emendy Music College aangesluit om klank ingenieurswese te swot.

Hier het die gogga hom gebyt om die liedjies wat in ‘n laai lê met die kennis te verbeter.

2010 sluit hy hom aan by EMI. Met al die snitte uit sy eie pen, vervaardig deur Marius Brouwer, neem hy sy debuutalbum, “Foto’s en briewe” op.

In die wonder wêreld van musiek begin Armand in 2012 skryf aan sy tweede album “Rug teen Rug” wat weereens vervaardig is deur Marius Brouwer.

Daarmee vestig Armand hom vir altyd in die harte van sy aanhangers.


2013 was ‘n jaar van toere regoor SA en elke klein dorpie is deurkruis en so begin Armand die mense leer ken wat sy gewildheid die hoogte laat inskiet.


Die langverwagte derde album , vervaardig deur Frans Staal produksies, “Lekkerlyf”, onder bestuur van David Gresham Record label, is uiteindelik uitgereik.

Weereens met oorspronklike snitte uit sy eie pen bring Armand vir sy aanhangers vars klanke wat belowe om sy unieke talent te weerspiëel.


Drie gatskop liedjies, wat heeldag in jou kop draai, Kitty, Een soen en Tokkie sal die voete laat juk op die dansbaan.


Met nuutgeskepte ballades soos “ My liefling”, “Speeltyd”, “Give me some time”, en Liggies sal elke aanhanger se hartsnare roer.


Vir die jolytmakers is daar ook ‘n plek op die album met snitte soos “Koue bier en warm girls”, “Margate toe”, “Lekkerlyf”.

“To love a woman” met Steve Hofmeyr is ’n song wat mense na hulle asems gaan laat snak.

Elke liedjie is gebore uit ‘n stukkie van Armand se daaglikse lewe. Met die ingebore talent van woordverwerking, skryf hy meesterstukke wat verewig word in die musiekbedryf.


Armand se energie en passie is verstommend. Met die fyn aanvoeling van sy aanhangers se behoeftes is dit nie verbasend dat sy pad oop is in die musiekwêreld nie.

Uit sy pen gaan ons vir jare nog die vreugde van nuwe werke kan verwag.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis