Arno Jordaan

Arno Jordaan

Arno Jordaan | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Arno Jordaan is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is in 2003 aangewys as naaswenner in kykNET se sangkompetisie, Zing, waar hy saam met sy mededeelnemer, Susan, duette gesing het.

Arno Jordaan - Jagtrip
Arno Jordaan - Derde Wêreldoorlog
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Gee My -- 2009

Stukkie Van Jou Hart -- 2010

As Jy Hier Is -- 2014

Volksbesit -- 2018

Kom Ons Doen Dit -- 2019

Biografie

Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer.

Sy grootste belangstelling toe, was rugby en hy het die Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig.

In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die Kyknet Zing realiteits-sangkompetisie. 

Suid-Afrika het begin kennis neem van die blondekop hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware “entertainer” is wat harte steel. 

Arno en Susan het die land vol getoer. Musiek het die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.

Een ding wat duidelik uit staan as jy na Arno se sosiale media platforms kyk, is die feit dat hy ‘n groot familie man is. 

Hy het op 14 Januarie 2012 met sy pragtige vrou Lizanie getrou en op 12 Desember 2013, pa geword met die geboorte van sy eerste seun, Milan. 

Drie jaar later is sy tweede seun, Luka gebore. Arno is ‘n trotse pa wat gereeld rugby wedstryde, stoei en tennis oefeninge bywoon.

Deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en kleuter expo wat Suid Afrika al ooit gesien het. 

Maart 2018 was die heel eerste een wat gehou was en met groot sukses! Gevolg deur Maart 2019 en Augustus 2019 met dieselfde sukses. Hy beplan al klaar 2020 se expo.

Met die vrylstelling van Arno se nuutste musiek video, is dit duidelik dat jag een van Arno se grootste stokperdjies is.

Hy en sy familie hou jaarliks ‘n jag reis waar hul Suid Afrika se pragtige jag bestemmings besoek.

Arno en sy vrou reis ook die wêreld plat en het onlangs terug gekom van hulle vakansie in Italië. 

Arno ondersteun ook graag SA Rugby, veral met sy vroeë belangstelling in rugby en waar hy verskeie geleenthede gehad het om die Oostelike provinsie te verteenwoordig by Cravenweek.

Die immergewilde Afrikaanse Superster, Arno Jordaan, se albums is vol ritmiese, polsende energieke dansmusiek.

Kom Ons Doen Dit is ’n 13 snit album waarop Arno baie trots is. Hy is veral trots op die duet, ‘Silhoeët’ saam met Liezel Pieters en voel dit is ’n baie sterk lied. 

Saam met sy befaamde platemaatskappy Coleske Artists en ongelooflike liedfjieskrywers agter hom, beloof hierdie album van sy beste werk nog. Arno se album is op 19 Februarie, op sy verjaarsdag in Pretoria vrygestel.

Die album bevat ’n kombinasie van danstreffers én kragtige snitte. Arno se musiekvideo vir sy enkelsnit, Derde Wêreldoorlog, wat ook op dié album is, spog reeds met meer as 500 000 kyke. 

Dié liedjie, uit die pen van die bekroonde skrywer, Johan Oberholzer, handel oor ’n man en vrou wat baklei – maar tog ook besef hul kan nie sonder mekaar leef nie en dan oorlog vir mekaar maak.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis