Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Bobby van Jaarsveld was op 06 Maart 1987 gebore, en is die middelkind van 3 kinders. Hy het sy professionele sangloopbaan aan die einde van sy Graad 11 skooljaar begin toe hy sy eerste platekontrak aangebied was.

Bobby van Jaarsveld - My Alles
Bobby Van Jaarsveld - Net 'n Man
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Duisend Ure -- 2006

Net Vir Jou -- 2009

Wat Geld Nie Kan Koop Nie -- 2012

Maak ‘n Wens -- 2014

Die Laaste 10 Jaar

Biografie

Bobby se album Wat geld nie kan koop nie het binne twee weke na die vrystelling in Oktober 2012 platinum status met verkope bereik. 

Toneelspel

Liefling ~ Die Movie (manlike hoofrol)

Die rolprent was in November 2012 vrygestel en het alle Suid Afrikaanse rekords vir ‘n Afrikaanse rolprent gebreek. Bobby het die manlike hoofrol in die rolprent vertolk -- as ‘n jong student wat verlief word op sy professor se dogter. Dit was ‘n musiekblyspel en die vervaardigers het van Suid Afrika se mees gewilde sangers en akteurs ingespan in die rolverdeling.

2013 As Jy Sing (manlike hoofrol)

Bobby is nog ‘n manlike hoofrol aangebied in die Afrikaanse rolprent -- 

As Jy Sing -- wat in November 2013 in teaters vrygestel word. Dit is ook ‘n musiekblyspel en weereens word beide sangers en akteurs ingespan vir die rolverdeling. In hierdie rolprent vertolk Bobby die rol van ‘n onderwyser.

2014 Droomkind -- Die storie van Josef 

Getrou aan die lewe van die Bybelse Josef, speel DROOMKIND af op Verneukpan in die Karoo, waar Jakob en sy seuns met skape boer. Bobby vertolk die hoofrol van Josef.

Teater produksies

Na die wegholsukses van Liefing – Die Movie, het die vervaardigers die storielyn omskryf vir ‘n teaterproduksie. Die vertoning het uitverkoop en was ‘n reuse sukses met ‘n verstommende 38 000 kaartjies verkoop. Aanhangers het so ver as 1500 km gereis om die produksie te sien en dring daarop aan dat verdere vertonings geskeduleer moet word. Bobby het die manlike hoofrol vertolk in die produksie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis