Bouwer Bosch

Bouwer Bosch

 Bouwer Bosch | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Die akteur en musikant Bouwer Bosch het sy loopbaan as hoofsanger van die gewilde Afrikaanse pop / rock, die SAMA-genomineerde groep Straatligkinders begin en was ook lid van die groep Dans Dans Lisa saam met Deon Meiring van die groep Glaskas.

BOUWER BOSCH -TIEN TEEN EEN (ELLIPS)
Bouwer Bosch - Oorgeloop
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Antimaterie -- 2009

Almal Maak Voute -- 2011

Hopelik -- 2016

Oorgeloop -- 2014

Ligte, Kamera, Liefde -- 2015

Vlug -- 2015

Hardloop feat. Janie Bay -- 2015

Strikdas -- Die Film Klankbaan -- 2015

Ses Voet Diep In Vergifnis --  featuring Almero -- 2016

Vir -- 2018

Monument -- 2018

Skatkis -- 2018

Biografie

Bouwer Bosch het sy skoolloopbaan in Potchefstroom voltooi en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom in 2009.

Hy het sy loopbaan as hoofsanger van die gewilde Afrikaanse pop / rock groep Straatligkinders begin. ‘n SAMA-genomineerde orkes. Hy was ook lid van die groep Dans Dans Lisa saam met Deon Meiring van die groep Glaskas.

In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Hy het onlangs ‘n opwindende nuwe samewerkende album met die liedjieskrywer Lucinda vrygestel wat ‘n nuwe, sagter sy na die ster vertoon.

As hy nie voor die kamera of in die opnamekas staan nie, het Bouwer ook ‘n produksiemaatskappy wat spesialiseer in musiekvideo’s.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars