Brandon October

Brandon October

Brandon October | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Brandon is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, TV-aanbieder en akteur. Hy het in 2002 die tweede plek in die Suid-Afrikaanse Idols verower.

Sedert sy debuut in 2OO2 het Brandon October ‘n Suid-Afrikaanse musiekikoon geword. Dit nadat hy duisende regstreekse en internasionale optredes gedoen het.

Engel - Brandon October
Brandon October "Live"
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Temptation – 2004


Idols Christmas Album – 2006


Skouspel CD – 2006


Skouspel DVD – 2006


Opsoek Na Liefde – 2007


Kaapse Jol CD – 2007


2007 – Skouspel CD


2007 – Skouspel DVD


2009 – Skouspel CD


2009 – Skouspel DVD


2010 – Skouspel CD


2010 – Skouspel DVD


Brandon October – 2011


Droomvrou CD – 2012

Biografie

Sedert sy debuut in 2OO2 het Brandon October ‘n Suid-Afrikaanse musiekikoon geword. Dit nadat hy duisende regstreekse en internasionale optredes gedoen het.

Vanaf sy nederige begin in Mitchells Plain, het Brandon bereik wat baie min mense het. Hy is ‘n naam waarmee ander kunstenaars geassosieer wil word.

Die lys van kunstenaars en musikante waarmee hy gewerk het, is groot en indrukwekkend. Onder hulle val Arno Carstens, PJ Powers, Miriam Makeba, Coenie De Villiers, Mandoza, Lira, Dizu Plaatjies van die groep Amampondo) en Claire Johnston van Mango Groove.

Met sy uitvoerstyl slaag Brandon altyd daarin om vars te lyk en te klink. Dit is geen wonder dat agente hom gedurig aanbeveel vir hul kliënte nie. Benewens Engels en Afrikaans, het Brandon ook in Frans, Duits, Italiaans, Zoeloe en Xhosa opgetree.

Sy uitvoering van ‘Barcelona’ saam met die operaster Zanne Stapelberg en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes is ‘n hoogtepunt en sy weergawe van ‘Impossible Dream’ is ‘n asemrowende ervaring. Staatshoofde (waaronder Nelson Mandela), uitvoerende hoofde, Bill Gates en Kofi Annan, was onder die gehoor.

Brandon het ook as MC saam met onder andere Eskom, BMW, Total SA, Old Mutual, Shoprite Checkers, Investec, Toyota, Mass Mart Group, Pick n Pay, Clover, Media 24, Coke, FNB, Coke en Sasol gewerk .

Brandon het oor die jare drie programme aangebied op Mnet, SABC 1 en 3. 

Van duisend sitplekke tot klein en intieme ver het Brandon ‘n maatstaf gestel vir baie sangers om na te boots.

Brandon bied ook jaarliks sang- en uitvoeringklasse aan waarin hy professionele en amateursangers die tegnieke leer wat hom steeds ‘n sukses maak.

In sy vrye tyd is Brandon vrywillig as ‘n mentor in die Hoërskool en deel hy sy ervaring as ‘n entrepreneur op LinkedIn.

As ‘n ambassadeur vir Alzheimer SA gee Brandon sy tyd om bewustheid te skep en geld in te samel vir Alzheimer-navorsing.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis