Brendan Peyper

Brendan Peyper

 Brendan Peyper | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Brendan Peyper is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en akteur. Sy debuutalbum, “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, “Hy loop oop”, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, “Dis nie sonde nie”, vrygestel.

Brendan Peyper - Stop wag bly nog 'n bietjie
Brendan Peyper - Jy Laat Dit Maklik Lyk
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Stop, Wag, Bly Nog ‘n Bietjie – 2015
Hy Loop Oop – 2017
Dis Nie Sonde Nie – 2018

Biografie

Brendan Peyper is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en akteur. Sy debuutalbum, “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie” word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, “Hy loop oop”, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, “Dis nie sonde nie”, vrygestel.

Brenden het matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché en het daarna klankingenieurswese studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, maar het sy studies gestaak om sy sangloopbaan te bevorder.

Brendan Peyper, die jong sangsensasie wat spog met ‘n hele rits ranglys treffers, topklas-verkope en ‘n tjok-en-blok optredeskedule, is aangewys as ‘n een van twaalf finaliste in die Cosmopolitan SA Sexiest Men 2018 kompetisie – iets wat diegene wat al met lam knieë moes kar se kant toe staan na een van sy optredes dit eens sal wees hy deur en deur verdien!

Hierdie opwindende gebeure volg kort op die hakke van die vrystelling van Brendan se album, “Hy loop oop”, wat, benewens die titelsnit, ander danstreffers soos “Vanaand sê ek net ja”, en “Net ‘n bietjie”, tot twosteps soos “Ek gee jou my woord”, regdeur tot by rustiger snitte soos “Twee is beter as een”, “Jou mond is in die pad”, “Sal jy my vergewe” en ‘n pragduet, “In silhouette saam met my”, saam met Franja du Plessis insluit.

“Al hierdie dinge het skielik op my pad gekom, maar dis ‘n baie opwindende tyd vir my en ek gryp elke geleentheid met ope arms aan”, sê Brendan. “Ek is innig dankbaar vir elke nuwe deur wat oopgaan, elke stem, elke bietjie aanmoediging, elke paar voete by ‘n konsert en elke album wat ek met iemand kan deel!”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars