Christiaan Kritzinger

Christiaan Kritzinger

Christiaan Kritzinger | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Christiaan Kritzinger is die wenner van die 2009 Huisgenoot Liedjieskrywer van die jaar. Sy album “Mal vir jou” is op die rakke en sy enkelsnit liedjies “Vlieg Hoog” ,”Huppel in my stap” en “Asem” is ook meeste platforms beskikbaar.

Christiaan Kritzinger - Huppel In My Stap Video [OFFICIAL]
Christiaan Kritzinger - Asem
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Mal vir jou – 2012

Biografie

Nadat hulle die afgelope drie en ‘n half jaar aan die CD gewerk het, was die wag uiteindelik verby vir Christiaan Kritzinger wat sy nuwe CD “Mal Vir Jou” in die Aula-gebou in die Universiteit van Pretoria vrygestel het.

Die vertoning was opgevoer deur Medu, ‘n Man Soos Jan en natuurlik Christiaan Kritzinger en ‘n gasverskyning deur Richard van der Westhuizen.

Christiaan het die snitte van sy Afrikaanse CD opgevoer en diegene binne die gehoor inligting gegee oor sommige van die liedjies sowel as sommige van die gebeure rondom die skryf van die liedjies wat hy self geskryf het.

Die snitlys van die nuwe CD lyk soos volg:

Huppel in my stap

Mis Jou Meer

Mal Vir Jou

Asem

Ek Onthou

Kuier

Wind Se Lawaai

Meisie Sonder Sokkies

Manne Bly Maar Slange

dansvloer

Waarsku Venus

Country Song

Die eerste keer op die verhoog was ek 4, vandaar het die verhoog my huis geword en oral gesing. Ek het 2 diploma’s in jazz, 3 in klank en 1 in teologie. Die lewe is so ingewikkeld, dit help soms om verlore te raak.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis