Christo en Cobus

Christo en Cobus

Christo en Cobus | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Christo & Cobus is ‘n musiekgroep wat uit die broers Christo Snyman & Cobus Snyman bestaan. Hulle tree ook saam met hulle jongste boetie, Nic Stevens onder die verhoognaam Broers op.

CHRISTO EN COBUS BROERS 7 x 70 (Afrikaans official music video)
Christo en Cobus - Trein na Margate
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

7x70 --  2007

Trein Na Margate --  2002

Nuwe Winde --  2000

Tiekiedraai deur die eeu -- 2000

Dancing To The Beat Of Our Music -- 1998

Kyk Hoe Lyk Ons Nou -- 1997

Somernag -- Sterrenag -- 1995

Prince of Romance -- 1993

Biografie

Hulle is ‘n musiekgroep wat uit die broers Christo Snyman en Cobus Snyman bestaan. Hulle tree ook saam met hulle jongste boetie, Nic Stevens onder die verhoognaam Broers op.

Hulle is reeds 24 jaar saam op die verhoog as ‘n duo, en word beskou as een van die mees veelsydige kunstenaars in die land. 

Benewens hul eie treffers soos “Trein na Margate” en “7x70” is hulle ewe gemaklik met van die gewilde nommers van ons tyd en kruis maklik oor na verskeie genres. 

Christo het ‘n solo-album “Three Chord Lovesongs” die lig laat sien, Cobus twee country albums “Live Laugh Love Country” en “Cowboys & Crooks”. 

Hulle is gereeld te sien by danse, konserte, troues, korporatiewe- en privaatfunksies en oral waar musiek ‘n lekker aand moet verseker.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis