Coenie de Villiers

Coenie de Villiers

Coenie de Villiers | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Coenie de Villiers is ‘n kunstenaar wat in die kunste opgelei is as klassieke pianis. Hy het ook ‘n kwalifikasie in mediawese verwerf.

Hy het in die 1980’s en 1990’s hoofsaaklik in Siprus gewoon voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Bekend as musiekskywer en sanger, maar was ook televisieaanbieder van Kwêla op KykNET.

Coenie De Villiers - Karoonag
Windmeul van jou Hart - Coenie de Villiers (off the album EMOJI)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Skoppensboer -- 2003 -- Mountain Records

Die Reisiger

Kruispaaie

Amper Alleen (Cyprus)

Hartland

Karoo Nagte -- 1990

Liefdesversies

Ek Wens

Hooglied

Solo

Zen

Handgemaak (unplugged) (SAMA Award, Huisgenoot TEMPO Award)

Weerlig oor die See -- 2008

Dekade -- 2009

Hart van Glas -- 2011

Emoji

Pure Coenie

Biografie

Coenie de Villiers is gebore in Bloemfontein, waar hy skoolgaan en sy na-graadse studies voltooi. Hy was dosent in Mediakunde en Kommunikasiewetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, en het homself later toegespits op ‘n loopbaan as omroeper, programbestuurder en bemarker in die radiowese.

Hy het verder in Bemarking studeer, en was onder meer Hoof van Openbare Aangeleenthede vir een van Suid-Afrika se grootse goudmyn-maatskappye.

In sy rol as bemarker was hy BD van Eliance Media in die Bidvest-groep, ‘n direkteur van O2 Communication, asook ‘n direkteur van BrandWealth Strategiese Bemarking – ‘n maatskappy waarvan hy ‘n stigterslid was – vir sewe jaar. 

Ook ‘n direkteur van SVK Holdings, die maatskappy wat onder meer staalkonstruksie en logistiek vir Hitachi (Suid-Afrika) lewer. Hy konsulteer as ‘n onafhanklike strategiese bemarker en doen werk vir verskeie groot maatskappye. 

Die wenner van ‘n Pendoring-toekenning vir uitnemende reklame. 

Hy was ook Direkteur: Kultuur vir die ATKV. Hy het vir bykans tien jaar as direkteur op die direksie van SAMRO gedien, en was ‘n trustee op die raad van POSA.

As televisieaanbieder was hy vir ‘n totaal van 17 jaar die ankeraanbieder van die vlagskip kykNet-joernaalprogram op DSTV, Kwêla

Hy het menigvuldige toekennings ontvang as uitsaaier en televisie-aanbieder, onder meer ‘n Artes-toekenning as beste radio-uitsaaier en ses Veertjie-toekennings vir uitsaaivaardigheid in die televisie-medium.

Die aanbieder en vervaardiger van die hoogs-aangeskrewe dokumentêre reeks ‘n Ander Wêreld wat in 2015 op kykNET uitgesaai is.

Hy is bekend as een van Suid-Afrika se beste uitvoerende liedjieskrywers, en het reeds 19 albums van sy eie werk vrygestel.  Sy eerste albums is in die vorige bedeling deur ‘n speelverbod beperk.

Hy het dwarsoor die wêreld opgetree, en musikante soos die Amerikaanse saksofoon-meester Dave Koz, Sibongile Khumalo, Hugh Masekela, en Jonathan Butler het reeds by hom op sy albums aangesluit. 

Afrikaanse legendes soos Laurika Rauch, David Kramer, Lucas Maree en Die Heuwels Fantasties het by velerlei geleenthede saam met hom opgetree.  

Tydens Oktober 2013 is hy uitgenooi om deel te hê aan die internasionale Dave Koz jazz-toer in Europa. Hy het die verhoog gedeel met wêreldsterre soos Gerald Albright, Michael McDonald, Kirk Whalum en Sheila E.

Hy het menige toekenning vir sy musiek en skryfkuns ontvang, onder meer drie SAMA-toekennings, twee VONK-toekennings, en in 2009, die Eeufeesmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die kunste. 

Die Kovsie Alumni bond ken die Cum Laude toekenning aan hom toe vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. 

Hy is ook die ontvanger van die Huisgenoot-Skouspel Lewenslange-erkenningstoekenning. Ook as die KKNK Kruispunt toekenning vir ‘n leeftyd van brûe bou tussen kulture in Suid Afrika. In 2015 is hy deur die Nederlandse legende Herman van Veen genooi om saam met hom in daardie land op te tree.  

In 2015 ontvang hy die Innibos kunstefees se lewenstoekenning vir sy bydrae tot die kunste. 

Sy opera, Maximilian, word in 2009 in Oostenryk opgevoer. ‘n Versameling van sy lirieke oor die afgelope 40 jaar,. Hartlangs, verskyn in 2012 met ‘n voorwoord deur Hennie Aucamp.  

Hy is beskermheer van die MES organisasie wat omsien na haweloses en straatkinders in die stadskern van Johannesburg.

Hy is getroud met Dr Ria de Villiers, en het drie volwasse kinders.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis