Cordelia

Cordelia

 Cordelia | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Cordelia -- Gevoelvol, selfversekerd en met haar arms boordensvol met splinternuwe hartsmusiek is die sangeres en liedjieskrywer Cordelia terug.

Cordelia - Wees Lief
Cordelia - Mal In Jou Kop
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Wees Lief -- 2018

Breek Die Stilte -- 2019

Biografie

Cordelia -- Gevoelvol, selfversekerd en met haar arms boordensvol met splinternuwe hartsmusiek is die sangeres en liedjieskrywer Cordelia terug. Dit is vier jaar sedert haar debuut, Die beste. Maar met haar nuwe versameling van vyftien liedjies, Breek die stilte, is daar ‘n tydlose bekoring wat uit elkeen van die nuutskeppings straal.

“Ek het myself meer gevind en het vir seker as mens gegroei. Ek is nou op ‘n plek waar ek weet hoekom ek wil sing en waarom ek mense wil bereik,” vertel die jong ster wat reeds bekend is met haar treffer liedjie “Mal in jou kop”

Die meeste van die liedjies op Breek die stilte is weer eens uit haar eie pen.

En hierdie keer is dit die lewe, die lewenslesse wat sy geleer het asook die liefde wat haar as liedjieskrywer geïnspireer het. “Ek het sterk daaroor gevoel om 100% eerlik te wees met dit wat ek graag op die album wil hê. Omdat ek ook net ‘n mens is en juis my lewenslesse wat ook baie hartseer was, openlik met mense wil deel, het ek besluit om ook daaroor te sing. En natuurlik deel ek ook die mooi kant wat die lewe my al gewys het.”

Cordelia, bekend vir haar treffer liedjie “Mal in jou kop””, het ‘n nuwe klank wat roerend, propvol emosie en opreg die oor bereik.

Die dikwels veerligte, resepmatige dans-gerigte musiek van die Afrikaanse musiekbedryf is hier vervang met haar suiwer stem as fokuspunt. Verwerkings wat haar sielvolle lirieke tot hul reg laat kom.

“Ek dink dis ‘n koers waarin ek myself nou bevind en is baie tevrede daarmee. Ek vind ook dat oud en jonk by my vertonings hierby aanklank vind. Ons het definitief die huidige mark in ag geneem en regtig probeer om ‘n balans te bring. Iets vir die hart en natuurlik iets wat lekker is om by die braaivleisvuur te luister.”

Haar Afrivisie-inskrywing, Petrol en vuur, is deur Vicky-Ann Serfontein geskryf en was ‘n uitdaging omdat dit glad nie in Cordelia se “genre” was nie.

“Wat ek geleer het, was dat ‘n mens jouself so maklik onderskat en tog, as jy deurdruk en ‘n kopskuif maak, oortref jy soms jou eie verwagtinge.”

Van die ander uitstaande oomblikke op die album is die titelsnit, Maak’ie saakie, Is daar engele, Maak toe jou oë en die bekoorlike ‘n Nuwe begin.

Daar is soveel gehalte-musiek op Breek die stilte dat Cordelia skaars ‘n gunsteling kan kies.

Tog sonder sy As dit reën uit. “Ek het die liedjie geskryf na my pa se dood. Hy is in ‘n tref-en-trap-ongeluk dood en ek dit geskryf om vertroosting te kry. Die aand van sy dood het dit gereën… Ek het nooit gedink dat musiek soveel vrede kan gee nie, totdat ek self ervaar het hoe die liedjie my kalm maak.”

Een van die album se talle verrassings is haar duet met Pieter Koen, Spel van liefde.

Cordelia, wat deesdae steeds in Fochville woon, beskryf Pieter as ‘n “mense-mens en so passievol”. Voeg daarby die kundige produksieleiding van Marius Brouwer, wat aan die stuur van die album was. Dit is die tipe musiek en album wat ‘n mens oor en oor verras.

Cordelia het nie slegs ‘n passie vir musiek nie, maar ook ‘n hart vir mense en die gemeenskap. So is sy ook tans genomineer as een van Finesse tydskrif se Top 10 Inspirasie Vroue in Suid-Afrika. Dit is ‘n groot eer om die nominasie te ontvang. Cordelia wil graag die geleentheid gebruik om ‘n daarwerklike verskil te maak in mense se lewens.

Breek die stilte is gestroop van alle geaffekteerdheid of goedkoop foefies. Dit is ‘n Afrikaanse pop-album wat sy luisteraar van die een kraakvars lekkerny na die volgende lei. Cordelia se vier jaar van stilte word verbreek. Met ‘n gerf musiek wat inderdaad ieder en elk vir lank sal bekoor!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars