DECA

DECA

 DECA | Suid Afrikaanse Kunstenaars

DECA is ‘n Suid Afrikaanse kitaar- en vioolduo wie se treffende instrumentele verwerkings van die begin af die harte van aanhangers regoor die land verower het. Hulle vars, moderne en sjarmante vertolking van gunstelinge is die belangrikste bestanddeel van hul onmiddellike sukses by gehore van alle ouderdomme.

Black Sails - DECA (original)
Shape of you - Ed Sheeran - DECA Instrumental Cover (violin and Guitar)
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Black Sails – 2016

Themes and Love Songs – 2018

Deca II – 2018

Naturally – 2019

Biografie

DECA se treffende instrumentale verwerkings het van die begin af die harte van aanhangers regoor die land verower. Hulle vars, moderne en sjarmante vertolking van gunstelinge is die belangrikste bestanddeel van hul onmiddellike sukses en weerklink by gehore van alle ouderdomme. 

Hul debuutalbum, ‘Black Sails’, bou voort op hierdie wenresep.

Hierdie nuwe album is ‘n kombinasie van instrumentale pop, folk en Ierse klanke. Die viool is die hooffokus en sterk ondersteun deur die akoestiese kitaar.

Hierdie CD is ‘n mengsel van snel tempo en kalmerende snitte. Dit bevat oorspronklike komposisies, asook ‘n paar gewilde vertolkings.

Herman Steyn (op die viool) en Douw Steyn (op die kitaar) is veterane in die musiekbedryf, met meer as 26 jaar se gesamentlike ervaring. 

In 2015 het hulle Son Records, ‘n platemaatskappy, begin.

In noue samewerking het hulle dit geniet om op te tree en besluit om ‘n album vir hulself te skep.

Wat begin het as ‘n projek om hul kreatiwiteit aan die gang te hou, het uiteindelik iets meer geword en Deca is gebore. Die groep het sedertdien die verhoog met bekende kunstenaars gedeel en by verskillende funksies, bekendstellings en partytjies opgetree.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars