Deon Groot

Deon Groot

 Deon Groot | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Deon Groot skryf sy eie liedjies en tree op by verskeie geleenthede. Hy is vaardig met die kitaar, bekfluitjie en geniet stil aande voor ‘n vuurtjie waar hy sy liedjies laat gestalte vind. Dit is vir Deon lekker om woorde in liedjies te omskep wat sy gevoelens weerspeel en laat borrel.

Deon Groot - Bietjie Liedjie
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Gee my Oor – 2017

Deon Groot – 2019

Biografie

Deon Groot is op 17 Mei in Omaruru (Namibia) gebore. Hy het by Laerskool Krielpark in Mpumalanga sy skoolloopbaan begin en by Hoërskool Alexanderbaai in die Noord Kaap (Namakwaland) voltooi.

Deon het ook ‘n medalje verower tydens sy laerskool loopbaan vir sy besonderse stem. Naskool het hy by die Kaapse Tegnikon gaan studeer en later verhuis na Pretoria waar hy tans as Risiko bestuurder werk.

Deon Groot skryf sy eie liedjies en tree op by verskeie geleenthede.

Hy is vaardig met die kitaar, bekfluitjie en geniet stil aande voor ‘n vuurtjie waar hy sy liedjies laat gestalte vind. Dit is vir Deon lekker om woorde in liedjies te omskep wat sy gevoelens weerspeel en laat borrel.

Saam met sy tromspeler en vriend Louwrens Bezuidenhout , skep hulle nie net die regte atmosfeer en gee gestalte aan die ritme van die liedjies nie, maar deel graag hulle belangstellings.

Deon is ‘n woellige karakter, en is entosiasties oor die natuur en die onbekende. Hy geniet stil rustige oomblikke waar net hy, sy kitaar en woorde mekaar vind.

Familie en vriende maak ‘n groot deel uit sy menswees.

Deon dra sy hart op sy mou en jy weet dadelik waar jy staan as jy met hom te doen kry. Deon se stokperdjies is hengel, kosmaak, fauna (diere) en sy huisie by die see.

Opregte eerlike menseverhoudings is vir hom baie belangrik, Deon weet presies wat hy wil hê en is nie skaam om dit te sê nie. Deon wyk af van die normale met sy unieke sang styl en opregte klanke.


Hierdie sanger is goed oppad om een van die grootste afrikaanse sangers te word en moet beslis dop gehou word. Met sy stem, lewendige optredes en vertonings val hy beslis in ‘n kategorie van sy eie.


Deon Groot is een van die opwindendste opkomende kunstenaars in die musiek bedryf.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars