Deon Meiring

Deon Meiring

 Deon Meiring | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Deon Meiring is meestal bekend as die stigter, liedjieskrywer en frontman van die Afrikaanse rockgroep Glaskas.

In 2009 het hy Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch begin.

Deon Meiring - Bliksoldaat
Gisteraand - Dans Dans Lisa
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Die Slaapkamer Sessies -- 2014

Ek Behoort Aan Die See -- 2016

Ek Weet Net Nie -- 2018

Naby Jou Wees -- 2019

Bliksoldaat -- 2019

Biografie

Deon is meestal bekend as die stigter/liedjieskrywer/frontman van die Afrikaanse rockgroep Glaskas.

In 2009 het hy Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch begin.

In 2013 het Deon vir 10 weke lank elke week ‘n nuwe liedjie geskryf, dit in ‘n slaapkamer opgevoer en op YouTube gelaai.

Die slaapkamers is simbokies van die intieme karakter van sy musiek. Sy debuut EP “Die Slaapkamer Sessies” is in 2014 bekendgestel en bevat vyf van die bogenoemde liedjies.

In 2016 is twee van Deon se gedigte ook opgeneem in die tienerbundel “Sterkykers” saamgestel deur Jaco Jacobs.

Deon skryf voortdurend nuwe liedjies en is tans besig om te werk aan sy eerste vollengte album.

Wie is Deon?

Deon Meiring is al sedert 2006 aktief in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf as die rock band Glaskas se hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer.

In 2009 stig hy Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch.

Deon het in 2013 ’n solo-projek genaamd “Die Slaapkamer Sessies” aangepak waar hy vir 10 weke lank elke week ’n liedjie geskryf en opgeneem het in ’n nuwe slaapkamer.

Die videos is dan op YouTube gedeeld.  Vir sy debuut solo EP “Die Slaapkamer Sessies” is 5 van hiertoe liedjies gekies en in ’n ateljee vervaardig en opgeneem.

Die tweede enkelsnit vanaf die EP Vingerafdrukke is gebruik in die 2015 film Strikdas se klankbaan.  

Deon het slaapkamers gekies as ’n simbool van hoe liedjieskryf ’n manier is om iets intiem met die wêreld te deel.

Twee van Deon se gedigte is opgeneem in die 2016 bundel “Sterkykers” uitgegee deur LAPA Uitgewers en saamgestel deur Jaco Jacobs.

Deon skryf steeds liedjies vir al sy projekte en ook vir ander kunstenaars.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars