Dewald Wasserfall

Dewald Wasserfall

Dewald Wasserfall | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Dewald Wasserfall is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sedert 2010 bou Dewald aan ‘n suksesvolle solo-loopbaan.

Dewald Wasserfall - Elektrisiteit
Dewald Wasserfall - Jy Is Die Storm
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Vergeet Wat Jy Weet van Liefde – 2012

Ek en Jy – 2014

Jy Is die Storm – 2016

Elektrisiteit – 2019

Biografie

Dewald Wasserfall is gebore op 11 Oktober 1984 in Empangeni, Kwazulu Natal. Sy familie verhuis na Alberton waar hy in 2002 matrikuleer aan die Hoërskool Marais Viljoen.

Na skool het hy sy Nasionale Hoër Diploma voltooi in Vermaaklikheids tegnologie aan die destydse Technikon Pretoria. 

Musiek het egter harder geroep en in 2006 begin Dewald voltyds werk aan ’n musiekloopbaan.

Hy bereik matige sukses met die groep “Wasserfall” en treffers soos “Suikerbos” en “All about me”, voordat hy in 2010 besluit om ’n solo loopbaan te volg.

“Vergeet wat jy weet van liefde”, sy eerste solo album word in 2012 uitgereik en behaal platinumverkoper status met die treffers “Eendag as ons groot is”, “Sewentien” en “Vergeet wat jy weet van liefde”.

Die album wen ook die “Beste Nuweling” toekenning by die Ghoema Musiektoekennings, sowél as die Huisgenoot Tempo toekennings.

“Ek en Jy”, die opvolg album behaal goue status en wen die SAMA (Suid Afrikaanse Musiek Toekenning) vir “Beste kontemporêre musiek album”.

Dié prestasie is een wat al jare lank op Dewald se wenslys is. Die album ontvang ook 4 Ghoema nominasies en ’n Tempo nominasie.

“Jy is die Storm” sy se 3de solo album behaal ook Goue status met treffers soos “Jy is die Storm”, “Laat die lig inkom” en “Altyd jonk bly”.

Dié album ontvang ook verskeie Ghoema nominasies, sowél as ’n SAMA nominasie en wen dan ook die Huisgenoot Tempo toekenning vir Beste pop album

In 2018 word hy gekies as een van die mentors in die gewilde TV musiekprogram “Die Kontrak”.

Hy skruf ook die temalied van hierdie program, “Nuwe Begin” saam met Riana Nel.

“Elektrisiteit”, Dewald se eerste album in 3 jaar, word in 2019 vrygestel en bevat reuse treffers soos die titelsnit “Elektrisiteit”, “Stop”, “So sterk soos ’n vrou” en “Sê jy sal”.

Dit spog ook met ’n lewendige opname van Tom Petty se “Free Fallin’”, wat Dewald saam met Ivan Roux op “Die Kontrak” gesing het.

Hy glo daarin om nie jouself te ernstig op te neem nie. Dit is duidelik as mens sy mannewales op sosiale media dophou.

Hy is ook ’n kranige reisiger en laat nooit die geleentheid verbygaan om sy tasse te pak nie

In Dewald se eie woorde :

“Party van ons maak verskonings. Die res van ons maak geskiedenis”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis