Dirk van der Westhuizen

Dirk van der Westhuizen

Dirk van der Westhuizen | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Dirk van der Westhuizen is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Vir hom is die verhoog geen nuwe ervaring nie. Die lewenslustige jong man sing en skryf al van die ouderdom van 12 jaar af en het van jongs af geweet die verhoog is sy tuiste.

Dirk van der Westhuizen - Stoom
Dirk van der Westhuizen: Spoel my af (Amptelike video)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Gooi jou suiker op my -- 2014

Ons wil en ons kan -- 2017

Sexy vir my -- 2018

Stoom -- 2019

Biografie

Vir Dirk van der Westhuizen is die verhoog geen nuwe ervaring nie – die lewenslustige jong man sing en skryf al van die ouderdom van 12 jaar af en het van jongs af geweet die verhoog is sy tuiste.

Dirk is gebore op 21 Mei 1990 in Pretoria en het in 2009 voltyds begin om sy merk te maak in die Afrikaanse musiekbedryf.

In 2010 het hy sy eerste CD uitgereik, is dit jy. In 2012 word hy deel van die Maroela Musiek stal en reik sy 2de CD, Uithak, uit.

Later reik hy sy derde CD #GooiJouSuikerOpMy uit.

Met vervaardigers soos Werner Beukes, Vaughan Gardiner en Ferdinand Skead lewer hierdie album ‘n splinternuwe klank aan die luisteraar.

Met agt snitte uit Dirk se eie pen, drie deur Vaughan Gardiner en een Deur Werner en Jo-Marie Beukes het Dirk ‘n wen resep beet.

Dirk se eerste enkelsnit vanaf #GooiJouSuikerOpMy getiteld #DeurJouOë speel reeds op talle radiostasies se Top 20 en Top 40’s -- insluitend JacarandaFM, BokRadio, Bosveld Stereo, IFM, GROOTfm, RSG en vele meer.

Daarna volg die albums Ons wil en ons kan, Sexy vir my & sy nuutste album Stoom.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis