DJ Ossewa

DJ Ossewa

DJ Ossewa | Suid Afrikaanse Kunstenaars

DJ Ossewa is ‘n alom bekende Suid Afrikaanse musiekgroep en huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf.

DJ Ossewa - Briljantjie (OFFICIAL VIDEO)
DJ Ossewa - Kom Help My Varkie Vang (Official Video)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Briljantjie -- 2013 

Geraas oppi plaas -- DVD -- 2012 

Nuwe CD --  2010 

Die Groot Trek -- tot Nou 

Manne-Wa-Lus DVD -- 2009 

Innie Lang Gras! -- 2008 

Die Klap Mixes CD/DVD -- 2008 

Vannie Os Oppie Jas -- 2007 

Heeltemal Lewendig DVD -- 2006 

Voor Op Die Wa 

Boeresports -- 2005 

Biografie

DJ Ossewa, ‘n alom bekende huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf. Hulle is terug met ‘n nuwe CD en nuwe vertoning tot groot genot en vreugde vanaf hulle getroue ondersteuners.

Hierdie manne het hulself reeds deur-en -deur bewys as een van die grootste suksesstories vand die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die storie van Daniel Jakobus van Ossewasrus en sy ewe bekende buurman “Leeuboer” vermaak gehore al vir jare. Dit is dus geen wonder dat die nuutste toevoeging tot die groep presies dieselfde doen nie.

Die plaaslike self gekwalifiseerde veart. Vetfrik het besluit om sy praktyk op Ossewasrus te verlaat en sy kragte ook in te span vir ‘n nuwe, vars en onvergeetlike vertoning.

Die eindresultaat is natuurlik weereens ‘n wenresep wat gehore, oud en jonk, laat huil van die lag en sorg vir ure se vermaak.

Met hul Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het DJ Ossewa ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning.

Ossewa-woem is hulle eie, baie persoonlike nismark, en die groep se gewildheid groei daagliks.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis