Dozi

Dozi

Dozi | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Dozi  is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd (‘n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net ‘n Bietjie Stil en Maybe my Baby.

Dozi - Grassade [Music Video]
Dozi (CCR) Live - The Midnight Special
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Mercy -- 1999 

Op Aanvraag -- 2001

Storm op die Horison -- 2001

Siyaya… Ons gaan -- 2003

Rockin’ the world -- 2003

Dozi Live in the Rendezvous (DVD) -- 2004

Kruispad -- 2004

Grootste Treffers -- 2006

Kom ´n Bietjie Binne -- 2006

Wat Kom Nou? -- 2007

Creedence Clearwater Revival -- 2008

Voel So Reg -- 2009

It Takes Two (saam met Nianell) -- 2009

Terug by die begin -- 2011

Rockin’ The World 2 (CD) -- 2012

Biografie

Dozi  is ‘n Suid Afrikaanse sanger wat bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd (‘n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net ‘n Bietjie Stil en Maybe my Baby.

Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op ‘n vroeë ouderdom begin sing. 

In 1999 word sy eerste album, “Mercy”, vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, “Op Aanvraag”, word in 2001 in Afrikaans uitgegee.

Henk Opperman -- Dozi, die jongste kind van Theuns en Susan Opperman, is in Hluhluwe gebore, waar hy die Zoeloe-taal opgetel het deur met sy Zoeloe-vriende op die plaas te speel.

Sy ouers het besluit om na Standerton te verhuis om ‘n plaas daar te bewoon toe Henk ses jaar oud was. Hy het op Leslie begin skoolgaan en op Evander klaargemaak.

Tydens sy skooltyd het hy al by verskillende funksies opgetree. Henk het in sy hart geweet dat daar niks is wat hy eerder sou doen as om musiek te maak nie, dit was sy enigste beroepskeuse.

Hy het grafiese ontwerp gaan studeer aan die Technikon in Pretoria.

Dit was in hierdie tyd dat die bynaam Dozi op die voorgrond getree het omdat hy ‘n man was wat net die heeltyd graag wil slaap.

Nadat hy by die Suid Afrikaanse Polisieorkes aangesluit het, het hy onder Hansie Roodt begin studeer. Met jare van vasberadenheid en sweet gee hy uiteindelik sy eerste album uit in 1999 genaamd ‘Mercy’.

Op ‘n manier was die ‘Mercy’-CD ‘n uitgangspunt vir die sukses van Dozi.

Dozi was gevra is om tradisionele Afrikaanse liedjies in Zoeloe op te voer op die gewilde Afrikaanse televisieprogram Noot Vir Noot.

Nie lank na die vrystelling van sy Zoeloe-gospel-album nie, het Dozi in 2000 sy eerste Afrikaanse album met die titel: “Op Aanvraag” vrygestel. 

Die album word onmiddellik suksesvol en word die hoogte ingeskiet na die top van die Suid Afrikaanse trefferparades en met meer as 100 000 verkoopte eenhede. Dit plaas Dozi stewig in die dubbele platinumskare. 

Sy volgende album ‘Storm op die Horison’ word vrygestel. Dozi is getrou aan sy aard en stel ‘n 17-snit-album saam wat ‘n mengsel van sowel Afrikaanse, Engelse as Zoeloe-snitte bevat.

“Storm op die Horison” is platinum. In Februarie 2003 stel hy sy 4de ateljeealbum vry met die naam: “Siyaya -- Ons Gaan” wat gouestatus binne die eerste maand na die vrystelling daarvan behaal.

Hy ontvang platinumtoekennings vir sowel Storm op die Horison as Siyaya -- Ons Gaan by die Aardklop-fees dieselfde jaar.

In Dozis se vroeër jare as musikant het hy baie bekend geraak in die plaaslike klub-, kroeg- en restaurantkringe.

Deur hierdie shows te doen, het die gehore van destyds ‘n ander kant van hom beleef wat baie anders is as die musiek wat ons vandag ken.

Om gevestigde coverliedjies te doen, het sy handelsmerk geword. Vanweë die vroeëre studente- en restaurant-aanhangers, het hom in Desember 2003 sy album “Rocking the World” vrygestel.

Hierdie album is ‘n duidelike ‘Dozi’ interpretasie van reeds gewilde liedjies. Sewentien dae na die vrystelling van “Rocking the World” gaan dit goud.

In 2004 op die KKNK-fees het hy saam met baie ander bekende Suid-Afrikaanse musikante soos Jannie Moolman en die Afrika Mamas gewerk.

Hierdie produksie ontvang ‘n Kanna-toekenning vir die gewildste produksie op die fees. In Augustus 2004 vul Dozi ‘n leegte in sy musiekloopbaan sowel as sy aanhangers deur sy heel eerste DVD-opname vry te stel: “Dozi Live at the Rendezvous”.

Sy nuwe Afrikaanse album “Kruispad” word dieselfde jaar op die Aardklopfees uitgereik en het ook platinumstatus bereik.

“Kuispad” wys die diversiteit van Dozi om byna enige liedjie uit die hart uit te voer.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis