Elizma Theron

Elizma Theron

Elizma Theron | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Elizma Theron is ‘n Afrikaanse sangeres en aktrise. Haar loopbaan as professionele sangeres skop af in 2005 met haar debuut album “Lapaside” na sy ‘n Kontrak aangebied is deur Next Musiek.

Elizma Theron - Hoekom
Elizma Theron - Marilyn Monroe
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Lapaside -- 2005

Gee My Meer -- 2007

Ek Soek Jou -- 2009

Oppad Na Jou -- 2011

Stilte en Storms -- 2014

Boeregirl met ‘n country Hart -- 2016

Hierdie Hart Brand Liefde -- 2018

Biografie

Elizma is gebore op 6 Junie 1983 in Bethlehem. Tussen die ouderdom van 14 en 17 is sy op tuis onderrig en doen modelwerk in onder andere Italië en Griekeland.

Op 17 besluit sy om terug te keer na haar Tuisdorp Kuruman en Matrikuleer vanuit Hoërskool Kalahari. 

Na skool begin sy ‘n Kultuurskool op Kuruman waar sy klasse aanbied in Moderne danse, model en sang.

Haar loopbaan as professionele sangeres skop af in 2005 met haar debuut album “Lapaside” na sy ‘n Kontrak aangebied is deur Next Musiek.

In 2007 sluit sy aan by die span van Select musiek en daar is die albums Gee my meer (2007) Ek soek jou (2009) Oppad na jou (2011) Stilte en Storms (2014) en Boeregirl met ‘n Country hart (2016) gebore. 

Elizma is betrokke by baie van die skryf op al die albums. Elizma is al vir talle musiek toekennings benoem en het al 2 SAMAS agter haar naam.

2007 word sy ook ‘n rol aangebied op die gewilde Kyknet sepie Villa Rosa, Elizma vertolk die rol van die mediese student “Kriek” vir ‘n jaar lank. 

2009 vertolk sy die vroulike hoofrol “Mara Malan” in die fliek Jakhalsdans, geskryf deur Deon Meyer met regie deur Darryll Roodt.

2015 begin sy skryf aan haar eerste draaiboek TOE-VAL-LIG wat in 2017 verfilming word. 

“As jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie”

“Drome en ideale is daar vir ‘n rede, dis geskenke, jy moet hulle net oopmaak” Elizma Theron

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis