Francois van Rensburg

Francois van Rensburg

Francois van Rensburg | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Francois van Rensburg is ‘n Suid-Afrikaanse Sanger, liedjieskrywer, omroeper, televisie-aanbieder en akteur.

Francois van Rensburg - SAND IN GLAS (Official Music Video)
Francois van Rensburg - Bid Dat God Jou Spaar
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Dromerlaan – 2011

My Radio – Single – 2015

Pa – Single – 2019

Biografie

Francois van Rensburg is ‘n Suid Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, omroeper, televisie-aanbieder en akteur.

Sy eerste album, Dromerlaan, is in 2011 landswyd deur Electromode Music vrygestel.

Baie van sy liedjies op dié album, en ook nuwe materiaal, geniet gereeld speeltyd op verskeie radiostasies. 

Vier van Francois se musiekvideo’s roteer ook op televisie in programme soos, onder andere, DKNT, JAM, Tonge Los, Ontbytsake en Fiësta. 

Francois se liedjie, Met Die Maan Gepla, wat vroeër as enkelsnit uitgereik is, het veral goed gevaar op trefferparades. Die liedjie is selfs ingesluit in ’n Top 40 kompilasie-album.  

As omroeper is hy tuis op radio, hy was eers voltyds aanbieder van die Midday Show by Oos-Rand Stereo 93.9 FM.

Daarna het hy daagliks tussen 15:00 en 18:00 die Emperors Palace Drive Show asook die Emperors Palace New Releases op Saterdae aangebied. 

Hy is tans ‘n omroeper by die gewilde stasie GROOT Fm.

Sedert 2009, vertolk Francois die rol van Vincent de Wahl in Ratels, Leon van Nierop se hoogs suksesvolle jeugvervolgverhaal op RSG. 

Net so gemaklik voor die kamera as agter die mikrofoon, is Francois sedert Julie 2015 ’n kontinuïteitsaanbieder op kykNET & Kie. DStv se kanaal 145, en vertolk hy ook ’n rol in Deon Opperman se dramareeks, Bloedbroers, op kykNET.  

Hy het reeds op skool in toneelspel presteer. In 2007 en 2008 is hy as Beste Akteur tydens die ATKV tienertoneel kompetisie aangewys. 

Francois is deel van die rolverdeling in Lefra Produksies se baie gewilde My Boetie Se Boetie Se Boetie Se Baba wat landswyd toer. 

Vorige verhoogoptredes in die musiekblyspele Tree Aan!, Ons Vir Jou en Jesus, die Musiekblyspel, rond hierdie indrukwekkende jong kunstenaar se CV af.  

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis