Franja du Plessis

Franja du Plessis

 Franja du Plessis | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Franja du Plessis is ‘n Suid Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer en aktrise. Sy is die dogter van die bekende sangeres, Juanita du Plessis

Franja du Plessis - Ek kan nie ophou kyk (Official Music Video)
Lag tot jy huil - Franja du Plessis (Official Music Video)
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

My Verhaal -- 2016

Hittegolf -- 2018

Biografie

Franja du Plessis is ‘n sangeres, liedjieskrywer en aktrise. Sy is die dogter van die bekende sangeres, Juanita du Plessis

Sy neem van skool af deel aan sang en talent aande en in matriek neem sy deel aan haar skool se revue, en speel die hoofrol, Leika.

Franja het al opgetree regoor die land in konserte soos Afrikaans is Groot 2013 en Gospel Skoupsel in Kaapstad. 

Franja was ook te sien in die fliek As jy Sing en het een van die hoof karakters Marna vertolk. Sy het die liedjie In twee geskeur spesiaal geskryf vir die fliek As jy Sing.

Franja is ook ‘n liedjieskrywer en het help skryf aan die volgende liedjies van Juanita du Plessis:

Om jou pinkie, Kaalvoetkind, Aanhou om aan te hou & Hou op soek.

Franja het musiek en programmering aan die Berkeley universiteit van Kalifornie gestudeer. 

Franja se debut album My Verhaal is in 2016 vrygestel. Hierdie album het binne slegs vier maande goue status bereik. 

Haar tweede album, Hittegolf, bewys sy dat sy waarlik ʼn kunstenaar in eie reg is. Hittegolf is ʼn anderste tipe album wat meer volwasse is as haar vorige een, se sy.  

Franja probeer ʼn positiewe lig in die lewe uitstraal en wil graag hê haar musiek moet dit weerkaats. 

Al 12 snitte op Hittegolf kom uit haar eie pen. 

Lag tot jy huil is die eerste enkelsnit van die nuwe album af wat op radiostasies gehoor kan word, en ʼn musiekvideo is ook reeds vrygestel.

Hittegolf is op alle digitale platforms asook by groot musiekhandelaars beskikbaar.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars