Gerhard Steyn

Gerhard Steyn

Gerhard Steyn | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Gerhard Steyn is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Sy sang, talent as liedjieskrywer, persoonlikheid en voorkoms maak hom gewild by oud en jonk.

Gerhard Steyn - Jy's my hartklop
Gerhard Steyn - Dimpels HD
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Nuwe Krag -- 2012

Tien van Harte -- 2011

Als Begin Eers Nou -- 2010

17 Songs op 17 Mei DVD -- 2008

Breekbaar -- 2008

Sestien Songs -- 2006

Blou Oog Meisie (enkelsnit)

Teen Die Berg -- 2004

Biografie

Die musiekbedryf staan verstom oor die spoed waarmee Gerhard Steyn as kunstenaar groei en bly groei.

Sy sang, talent as liedjieskrywer , persoonlikheid en voorkoms maak hom gewild by oud en jonk en sy bewonderaars is onder die vroulike en manlike geslag.

Die sanger met die dimpel glimlag het bewys dat hy die Midas aanraking het. Sy musiek is uit die staanspoor so verslawend (dit is uit die hart, oorspronklik, buitengewoon en genotvol) dat hy sonder twyfel die ere titel “Platinum Prins van Afrikaanse Musiek” verdien. 

Op 16 jarige ouderdom met ‘n klein bokskitaartjie en ‘n kitaarhandleiding langs hul swembad by sy ouerhuis op die platteland begin sy passie vir musiek. 

Gerhard maak sy debuut in 2000 deur saam met Liane Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree)

Hierna tree hy op saam met Naas De Jager as die duet-groep Windpomp. 

Buiten optredes/sing , liedjies skryf , oorklankingswerk, akteur wees, waar hy te sien was in Sewende Laan en in Frans Marx se reeks The Res was hy ook ‘n vryskut joernalis vir die Vonk Tydskrif.

As liedjieskrywer is van sy werk deur Dozi, Jacques De Koning, Robbie Klay , Karen Ferreira ,Annel Botha , Rudi Muller, Ricky Faber, Wynand Strydom en Helene Bester opgeneem. Gerhard het ook die produksies van kunstenaars soos Annel Botha behartig.

Solo optredes met Gerhard en sy kitaar soos wat almal hom leer ken het, bly altyd ‘n goeie opsie.

Sy aanhangers wat hom met sy orkes beleef het ,geniet die energie en dit is ‘n wenresep. 

Gerhard as kunstenaar kom tot sy volle potensiaal en dit is juis in die optredes wat ‘n mens besef waarom die media en ander musikante hom beskou as die volgende legende.

Hy het juis in hierdie optredes vele maal gesorg vir gehore wat opgestaan en hom uit volle bors toejuig. 

Gerhard het vele albums op sy kerfstok. Sy Debuutalbum “Teen die Berg” is in 2004 uitgereik. Elke liedjie het ‘n storie , ‘n boodskap.

Daarna het “16 Songs” in 2006 gevolg. Dit is ‘n profielalbum wat hom as kunstenaar met ‘n unieke klank en styl vestig. 

Sy derde album “Breekbaar” wat in 2008 uit gereik is, dra die stempel van oorspronklikheid en is gepas kontemporêr. Elke woord kom uit sy eie pen. 

Vir elke aanhanger en bewonderaar is daar ‘n gunsteling: Baby Tjoklits, Sexy Jeans, Pennies en Ponde , Breekbaar en vele meer. 

Sy liedjies handel oor persoonlike filosofie, lewenslesse, ervarings, hartseer, blydskap en die vrae wat mense het.

Voorwaar die spieëlbeeld van God gegewe talente en gawes, kreatiwiteit en deursettingvermoë.

Sy vierde album “Als Begin Eers Nou “wat in Maart 2010 die rakke getref het is ‘n cd wat opwinding in jou are laat bruis en ritme in jou lyf sit. Dit is uniek, verfrissend met tonne energie.

Elke snit is ‘n treffer en het die belofte om sy aanhangers gaande te hê. Hierdie album is ‘n weghol wenner wat Gerhard Steyn beklemtoon as SA se Blou Oog Gunsteling.

“Tien van Harte” die vyfde album wat in Julie 2011 verskyn het, is ‘n tien uit tien meesterstuk.

Harde werk, ysere dissipline en ‘n passie vir perfeksie is deel van sy strewe met elke album. Elke snit is vars en ‘n weerspieëling van oorspronklikheid. Die verrassing is dat twee liedjies duette met geliefde en bekende kunstenaars is. 

Soos Gerhard sy aanhangers op ‘n musiekreis neem van saamsing en lekker luister is een ding duidelik Gerhard Steyn het gegroei as sanger, liedjieskrywer en kunstenaar.

Tien van harte is die verrassingskaart waarvoor sy aanhangers gewag het. As album nommer ses sprankel “Tydloos” wat in November 2011 die rakke getref het, van passie en energie en bring twee van Afrikaans se grootste verhoogsterre op ‘n innoverende manier byeen.

Die platinum bekroonde Gerhard Steyn, het die immergroen liedjieskrywer-sanger Richard van der Westhuizen gevra om “Tussen treine” as ‘n duet vir sy jongste album Tien van harte op te neem.

Hiermee is ‘n saadjie geplant en die kreatiewe vonkie het toe vlam gevat. Wedersydse respek en die musiek self het die prentjie voltooi.

Tydloos is ‘n voete uitskop en lekker luister album. Koester klanke sonder weerga.Sy DVD 17 Songs op 17 Mei [email protected] uitgereik in 2008 is modern en energiek, met goed deurdagte en interessante afwisselinge wat die DVD uniek maak.

In Februarie 2012 verskyn Platinum Prins die Musiekvideos . Die DVD met 12 van jou gunsteling liedjies in video formaat. Dit sluit in “Voel so goed” vir die Voelgoed Ekspo 2012 (in samewerking met Finesse). Voorwaar ‘n video vir elkeen om te geniet. Die room van sy loopbaan in film en klank. 

Sy album “Nuwe Krag” wat in Augustus 2012 verskyn het, is die musiekverhaal van sy lewenspad en dit is duidelik waar Gerhard Steyn sy inspirasie en krag vandaan kry.

“Dit gaan oor die verheerliking van God – Drie – Enig en om ‘n verskil in my medemens se lewe te maak” se hy. 

Hy verwys na hierdie album as “GOM” geestelik, opbouend en motiverend waaruit mense nuwe krag sal en kan put. Met sy album  “Brood en Melk” wat in 2013 vrygestel is, lewer hy ‘n kragtige en karaktervolle album.

Met hierdie album lê die multi talentvolle sanger en skrywer  weereens die tendens neer van kreatiewe visie en musikale oorspronklikheid.

Die album is vars en verfrissend met die geur van liefde soos ‘n goue draad ingeweef.Gerhard Steyn , is oorspronklik en ambisieus. Hy glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Hy is nie bang vir uitdagings of onbekende terreine nie. 

Sy talent , potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik.

Gerhard Steyn het die suksesleër geklim  en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê.

Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis