Gerrie Pretorius

Gerrie Pretorius

Gerrie Pretorius | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Gerrie Pretorius is ‘n multi goud en platinum Suid Afrikaanse sanger. Hy het die voorreg gehad om op elke groot verhoog en fees in Suid Afrika op te tree, met ook ‘n hele paar optredes oorsee.

Gerrie Pretorius - Bring die Liefde Terug
Gerrie Pretorius Daardie Oomblik
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Jou Hart Is Weer Myne – 2019

Bring die Liefde Terug – 2015

Onthou die goue oues – 2014

Gister en Vandag – 2011

Musiek En Woorde / My Storie DVD

Alles Pas – 2009 

My Storie DVD – 2009

Vriende Vir Altyd – 2008 

Ek Sing Vir Jou Bles – Die DVD – 2007

Ek Sing Vir Jou Bles – 2007 

Gerrie Pretorius “LIVE” CD – 2007 

Swing – 2006 

Gerrie Pretorius in Konsert DVD – 2005 

Adio Amoré – 2005 

Loslappie CDs

Hei Jy – 2003 

Annemarie – 2001 

Biografie

Gerrie Pretorius is ‘n multi goud en platinum Suid Afrikaanse sanger. Hy het die voorreg gehad om op elke groot verhoog en fees in Suid Afrika op te tree, met ook ‘n hele paar optredes oorsee.

Sy loopbaan het in 2001 begin met die groot sukses van sy eerste platinum opname “Annemarie”, wat opgevolg is deur treffers soos Adio Amore, 7 Sondes en die Stormers lied om maar net ‘n paar te noem.

Hy verdien ook ‘n ere-lisensiaat met sy jazz album “Swing” wat die keer weer opgevolg word deur die reuse sukses van sy Bles Bridges huldeblyk album.

Gerrie het verskeie opnames en konserte gedoen met oorsese kunstenaars soos Dana Winner en Christoff van België en die immer gewilde BZN van Nederland. Hy behaal ook ‘n somertreffer in Nederland saam met Anny Schilder.

Gerrie het ook sy buiging verskeie kere op plaaslike televisie gemaak van sepies tot films soos “Ek lief Jou” met die bekende Belgiese regisseur Ate de Jong (Miami Vice & Drop Dead Fred) aan stuur van sake.

Kurt Darren, Ilse de Vries en Christina Storm verskyn ook in laasgenoemde. Gerrie is ook bekend as Entrepreneur en Besigheidsman en is al vir baie lank in die Eiendomsbedryf as Ontwikkelaar.

Hy is ‘n ervare avonturier en reisiger en verken gereeld verre Afrika in sy 4×4. Gerrie is ook ‘n bekende gesig op televisie en is hy ook die aanbieder van die gewilde reisprogram “Leef jou Reis met Gerrie Pretorius”.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis