Hemelbesem

Hemelbesem

 Hemelbesem | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Vir HemelBesem gaan amper alles oor Afrikaans, Kultuur en Kuns. Of dit nou is deur musiek, panel diskussies, televisie of sy skrywes. Jy sal sy boodskap hoor.

HemelBesem - Hoe Salla
DIE BALLIE - HEMELBESEM
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Y.M.C.M.Besem -- 2013

Hemelbesem -- 2014

God Praat Afrikaans -- 2019

Biografie

Vir HemelBesem gaan amper alles oor Afrikaans, Kultuur en Kuns. Of dit nou is deur musiek, panel diskussies, televisie of sy skrywes. Jy sal sy boodskap hoor.

Amper altyd gaan dit oor die inklusiwiteit van die taal, die klanke, varieteite en uiteindelik die belangrikste van als, die groei van die taal.

Vir die laaste paar jaar het hy deur innoverende maniere hierdie taak voortgesit en is wyd bekend as n brugbouer van formaat wat die taal en sy kulture wat dit beoefen betref.

Benewens pryse wat hy al ontvang het oor die jare heen, en uitsonderlike terugvoer vanuit die industrie sowel as literatuur en taal pundits vir als wat hy aanpak, skuif hy steeds grense met wat hy doen.

Hier volg ‘n tegniese opsomming van Simon Witbooi aka HemelBesem se brugbouers werk wat Afrikaans die taal, Kultuur en Kuns aanbetref.

Toekennings

Kunste Onbeperk Kruispunt Toekenning 2016 (Vir brugbou werk in Afrikaans)
Kanna 2016 (vir Die Afrikaansvatter: Beste Musiek Produksie . Eie teks en regie)
Woordtrofee wenner 2017 (Spesiale Verbondenheids Trofee)
WoordTrofee wenner 2016 (Adam Small Tribute Show)
Fiesta Benoemming vir “beste Musiek produksie” vir Die Afrikaansvatter
Mediaveertjies Benoeming as “Beste televisie aanbieder Pasella”
Ghoema 2016, 2017 en 2018 benoemmings vir “Noem my skollie”, “is Dope”, “Die Silwer Maan” en “Blaas die Trompet”
2x Hip Hop (2010 & 2014) Indaba Kampioen (Freestyle Kampioen) steeds onoorwonne.
2x Silwer Toekennings Montagu Kunstefees (Vir twee karakters uitgebeeld in “Sneeuwitjie en die sewe bergies.” ‘n Verwerking van Pieter W Grobbelaar teks)
Twee nommer 1 liedjies “Hoe Salla” en “YMCMBESEM” op GoodhopeFM

Televisie

TV Aanbieder vir die program Pasella op SABC 2 (en het ook aangebied vir Supersport se Wereldbeker programme)
Akteur in die Noem My Skollie
Ko Produseerder (Saam met o.a. Coenie de Villiers) en akteur in die baanbreker Dokumentêr “Vat die Rap” vir Kyknet
Deel van die cast van die “mocumentary” previews vir die “Sy klink Soos Lente”

Het al verskyn op televisie programme soos:

SABC – “Noot vir Noot, Naweek, Hectic Nine9, Pasella, Expresso, Morning Live, Jou Show
DSTV – Fiesta (Kyknet), Hip Hop Show(MK89), Varsity Sing (Kyknet), Youth Program (Cape Town TV), Kwela (Kyknet), Jou Show (Kyknet) Flits (Kyknet), Groot Ontbyt (Kynet)

Musiek

Het onafhanklik die volgende albums uitegreik:

Dink ‘n Bietjie was die eerste Afrikaanse Hip Hop album wat in die Bolandverskyn het en was later verwerk as B.O.B.

(Beste opgepaste Baba) album waarvan sowat 38 000 eksemplare uitgegee in sogenaamde agtergeblewe gemeenskappe in veral die Boland en Noord Kaap.

Auto-Bio-grafie, Die Woester Standard, Evil is maklik, Uwil isi Makliki, asook Double Story (met Isaac Mutant) het toe gevolg.
Onder BLM Publishing You Must Come Meet Besem en toe die self getitelde album HEMELBESEM, Evil is NogSteeds Maklik en God Praat Afrikaans.

Optredes: o.a. Skouspel, KKNK, Aardklop, Gariep, Jive Muslim Fest, Woodstock Live, Afrovibes (Nederland). Ook Queens Day fests (Nederland, Bijlmer Bookfest (Nederland), Jubilee Fest, Kuierfees, Nama Goi Fees, Arniston Fees, Ek love die Vrystaat, ensv.

Hy is ook die meesterbrein agter die AIDS (Art is Doing Something) – album vir Departement Gesondheid, Boland.

Ander Projekte

Titel lied vir die fliek Noem My Skollie
Deel van die fliek “Four Corners” se klankbaan met die lied “Complicated” ft Bonzaya
Titel lied vir Fetale Alkohol Sindroom veldtog met “As die ma drink”
Titel lied vir “It takes a Village” veldtog met It takes a Village ft Meli Grey

Gemeenskap

Offisiele Ambassadeur vir ATKV Crescendo vir die opheffing van Afrikaanse musiek. Prakties betrokke by hierdie opheffings veldtogte d.m.v. werkswinkel aanbiedings, promosie werke by skole, talent scouting, ontwikkeling. Ook ontplooing van hierdie talent regoor Suid Afrika.

Offisiele Ambassadeur vir Bazoo Kleutertydskrif. Betrokke by campaigns war daarop gemik is om die lees kultuur onder ouers met kleuters te verwek.

Jaarliks betrokke as deel van Universiteit Stellenbosch se W.O.W. (Woorde open Werelde) skrywers besoeke aan skole regoor die Kaap en Noord Kaap. Hier word kinders aangemoedig om “Te Droom in Afrikaans”.

Was vir 9 jaar betrokke by die skrywe, optredes en aanbiedings van programme vir die voorkoming van Fetale Alkohol Sindroom vir Fasfacts.

Byvoorbeeld Tienerswangerskappe, vir tieners, swanger vroue, shebeen eienaars, plaaswerkers, studente, Graad 6,7, en 11 leerders ens.

Teater

Die Afrikaansvatter 2014 – 2016 (Eie teks en regie)
AllBasters 2015 – 2016 (Met dit getoer in Nederland) Eie teks en regie
“Op ‘n ernstige Noot” ft Yoma (Eie teks en Regie)
2018 God Praat Afrikaans

Skrywes

Tot nou – Rubrieke vir Die Burger, Die Beeld, Taalgenoot
2017 – God Praat Afrikaans (Biografie en Taalboek) Lapa uitgewers,
Kortverhalel vir “Die Perfekte Brander”sowel as “Poenankies” kinderboek

Radio

Radio omroeper – Vallei FM, Radio Sonder Grense\
HEMELBESEM – “Kop in die wolke, voete op die aarde”

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars