Herman Kleinhans

Herman Kleynhans

Herman Kleinhans | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Herman Kleinhans is Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sy skryftalent word in 2015 erken toe sy skitterende nuutskepping Ek Sweer met kykNET se eerste Afri-Visie- kompetisie se eerste prys wegstap.

Vir Megan - Herman Kleinhans (Official Music Video)
Ek Sweer - Herman Kleinhans TWEE
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Vir Megan -- 2015

Kamer 4 -- 2017

Biografie

Herman Kleinhans is Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Kort voor matriek maak hy musiek in die orkes Slagyster. Hy vaar uitstekend as ATKV-Cresendofinalis en in sy matriekjaar reik hy sy eerste musiekvideo, Kantlyn, uit.

Sy skryftalent word in 2015 erken toe sy skitterende nuutskepping Ek Sweer met kykNET se eerste Afri-Visie- kompetisie se eerste prys wegstap.

Hy en Maria Rademan-Viviers het as die duo TWEE -- ʼn pragtige album uitgereik.

Hul talent en onopgesmukte aanslag het hulle die Ghoema-toekenning as die publiek se gunsteling-duo besorg.

Herman Kleinhans se ontwikkeling as musikant en liriekskrywer het ʼn baie sterk organiese gevoel. Immergroen ʼn musikaleklank wat vir baie jare na die bekendstelling steeds aanklank sal vind by sy gehore.

’n Mens kan baie dinge in musiek inlees, juis omdat dit sulke universele temas aanspreek. Herman se gevoel dat dit belangrik is om lirieke te skryf met ʼn nuwe aanslag, poëties, boheems, filosofies.

Pionierswerk vir die dieper denker, ʼn nuwe nismark in Afrikaans. Maar met ʼn kommersiële aanslag, sodat ’n mens daarna kan luister, ʼn produk sonder ʼn rakleeftyd. Musikaliteit van Afrikaanse woorde en klanke ʼn nalatenskap vir kuns en kultuur.

Nou bied dié talentvolle kunstenaar, wat ook vaardig met kitaar en klavier is, nóg dertien van sy treffende komposisies op sy solo-album Kamer 4.

Die liedjies op sy solo-album word gekenmerk aan musikale gestrooptheid; rou en eerlik. Hyself bespeel die akoestiese kitaar, ondersteun deur Henry Steel se snare en Melissa van der Spuy se klawers. Die skoonheid van die klankvarsheid pronk in die lewende, stemmingsvolle opnames.

Dit is ʼn persoonlike, romantiese album; met ʼn universele boodskap oor die liefde se skakerings; oor die vlinders van verliefdheid, die ekstase van romanse, tussendeur soms ontnugtering en afskeid.

Maar uiteindelik die besef toewyding, spontane oorgawe en tevredenheid.

Tussen die albumverrassings is Herman en die rymkletser Churchill Naudé se liedjie Dis Tyd, wat as kykNET se nuwe temalied dien.

Herman is ʼn omgeemens met ʼn groot hart. Juis daarom het hy sy eie internet-toepassing bekend gestel wat ‘n platform bied waar mense in nood mekaar kan ondersteun.

Hy is ʼn skitterende beskrywer van plekke en mense, herinneringe en emosie.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars