Hilandi du Toit

Hilandi du Toit

 Hilandi du Toit | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Hilandi du Toit is ‘n Suid Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres.

Oorspronklike musiek, intieme stories en passievolle oomblike is maar net ‘n paar elemente waarna jy kan uitsien wanneer Hilandi haar kitaar nader trek.

Sy maak musiek met mening. Elke woord en elke snaar word soomloos saamgesnoer om ‘n boodskap oor te dra.

Die Somer het 'n geel rok aan - Hilandi du Toit
Reisgenoot - Hilandi du Toit
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Spore Langsaan My -- 2006

Die Somer Het ‘n Geel Rok Aan -- 2015

Biografie

Hilandi du Toit is ‘n Suid Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres.

Oorspronklike musiek, intieme stories en passievolle oomblikke is maar net ‘n paar elemente waarna jy kan uitsien wanneer Hilandi haar kitaar nader trek.

Sy maak musiek met mening. Elke woord en elke snaar word soomloos saamgesnoer om ‘n boodskap oor te dra.

As sy nie self optree, of vir ander kunstenaars skryf nie, vat Hilandi hande met kunstenaars wat haar liefde vir Afrikaans deel.

In 2018 word sy saam met June van Merch met ‘n Woordtrofee vir Gesnaarde Gedigte – ‘n produksie waarin hul saam stem dik maak en harte sag maak – vereer.

2015 word Hilandi deur Pearson-uitgewers genader om as ambassadeur van die Handwoordeboek vir die Afrikaanse Taal (HAT) op te tree en ‘n temalied, Dis my Taal, vir die bekendstelling van die nuutste uitgawe te skryf.​

Voordat Hilandi haar solo loopbaan aangepak het was sy onder andere ‘n stigterslid van die groep Zamar.

Sy het saam met die groep by die 2005 Huisgenoot Skouspel opgetree.

Een van die hoogtepunte in haar solo-loopbaan is toe sy in 2011 as musiekdirekteur, -regisseur en skrywer Die Burger Pops help aanbied het.

Hilandi se nuutste album Die Somer het ‘n geel rok aan is beskikbaar. Op CD by haar vertonings, en in haar winkel.

Haar liedjies Reisgenoot en Lawwe donker word gereeld op RSG gespeel.

Die titelsnit, wat deur Schalk Joubert vervaardig is, is gebasseer op ‘n gedig wat sy geskryf het. Waarmee sy in 2013 as algehele wenner van Dr. Riana Scheepers se skryfskool aangewys is.​

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars