Izak Davel

Izak Davel

Izak Davel | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Izak Davel is ‘n Suid Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuut-album, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

IZAK DAVEL - Is Jy In Of Is Jy Uit (AMPTELIKE MUSIEK VIDEO)
IZAK DAVEL - Waar (AMPTELIKE MUSIEK VIDEO)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Ken Jy My? – 2008
Verlore Harte – 2009
Vreesloos – 2011
Jy’s My Lewe – 2012

Filmografie

Egoli – as Scab
Uncle Max (TV-reeks) – 2006
Survivor South Africa: Santa Carolina – 2010
Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie as Reghart Venter – 2011
Platteland as Francois de Klerk – 2011
Hoofmeisie as homself – 2011
Sterlopers – 2016
Frank & Fearless – 2018

Biografie

Izak Davel is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Hy het matriek voltooi in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer het en sy studies in 2004 voltooi.

In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.

Met sy albums “Ken jy my?” “Verlore Harte” en “Vreesloos”, het Izak reeds homself gevestig as een van ons land se gewildste kunstenaars en met sy nuutste vrystelling: “Jy’s my lewe” is Izak hier om al sy bewonderaars weereens ‘n album, propvol treffers te bied.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis