Jack Parow

Jack Parow

Jack Parow | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jack Parow is ‘n Suid Afrikaanse kletsrymer (rapper) van Bellville in die Wes-Kaap, met ‘n kenmerkende lang keps op sy kop wat bekendheid verwerf het met sy enkelsnit Jy Dink Jy is Cooler as Ekke.

Jack Parow - Cooler as Ekke
Jack Parow ft. Francois van Coke - Dans Dans Dans (official)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Cooler As Ekke USB EP -- 2009
Bring En Braai EP -- 2009
Jack Parow -- 2010
Eksie Ou -- 2011
Nag Van Die Lang Pette -- 2013
From Parow with Love EP -- 2016
Dis Hoe Ons Rol -- 2016
Afrika 4 Beginners -- 2017

Biografie

Jack Parow is ‘n Suid Afrikaanse kletsrymer (rapper) van Bellville in die Wes-Kaap, met ‘n kenmerkende lang keps op sy kop wat bekendheid verwerf het met sy enkelsnit Jy Dink Jy is Cooler as Ekke.

Hy is ook bekend vir sy bydrae tot die liedjie Die Vraagstuk saam met Die Heuwels Fantasties.

Hy het in 2009 saam met Die Heuwels Fantasties by Oppikoppi opgetree.

Verder dra hy by, en werk saam met Die Antwoord, Fokofpolisiekar en Early B in liedjies soos Wat Pomp, Doos Dronk en Potte.

Hy het in Maart 2010 ‘n musiekvideo vir sy enkelsnit Dans Dans Dans geskiet.

Die sanger Francois van Coke van Fokofpolisiekar is ingespan om die refrein te sing.

‘n Buitengewoon hoë bedrag is vir die vervaardiging van die musiekvideo betaal.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis