Jan Blohm

Jan Blohm

Jan Blohm | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jan Blohm is ‘n Afrikaanse rock- en bluessanger. Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir die digkuns en probeer die digterlike eienskap aan sy musiek gee.

Jan Blohm - Beter Man
Jan Blohm - Liefde Maak
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Melkstraat Confessions – 2004
’n Stille Runaway – 2005
Groen Trui – 2006
Jan Blohm Live at the Performer Theater DVD – 2006
7 Jaar – 2009
Die Runaway Sessions – 2010
Lotus Live DVD – 2011
Ruby – 2012
Die Liefde Album – 2018

Biografie

Jan Blohm is ‘n Afrikaanse rock- en bluessanger.

Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Hoewel sy groot invloed Engelse musiek is, is Afrikaans sy eerste keuse.

Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir die digkuns en probeer die digterlike eienskap aan sy musiek gee.

Hy was nog altyd aangetrokke tot die musiek van Chuck Berry en die ou rock ‘n roll pioneers.

Hy’t altyd na B.B. King en Muddy Waters geluister en later ook na Rodriguez en Bob Dylan. Deesdae luister hy graag na Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top.

Plaaslik is die CD’s van Anton Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg nie.

Na skool het Jan vir hom ‘n pawnshop special acoustic gekoop. Met die sy algehele haat van conformity ontdek en die wortels van rock ‘n roll en Blues begin explore.

Die Lugmag was iets om te doen na skool, waar hy by Elektroniese Kommunikasie aangesluit het en daar het hy tyd gemaak om homself leer kitaar speel.

Vyf jaar in die lugmag was genoeg van conformity en het hy ‘n loopbaan in Inligtingstegnologie begin.

In 2002 begin sy musiek aftrek kry en word hy heeltyds sanger/musikant. Twee van sy liedjies is op Volk Jou! by Wildebeest Records opgeneem en in daardie tyd het hy ook die wereld van klank ingeneur begin baas raak.

Jan Blohm se debuutalbum, Melkstraat Confessions, het in 2004 verskyn.

Hierdie album het met die 2005 GMT-Toekennings die kollig gesteel toe dit te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het.

Die GMT was ‘n SABC 2-inisiatief en word in die tyd as die belangrikste seremonie in die Afrikaanse musiekbedryf beskou.

‘Album van die Jaar’ is aan hierdie debuut toegeken en Breyten se Brief word as “Liedjie van die Jaar” aangewys. Verder is Jan as ‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys.

Jan Blohm is geseen met vele talente en in 2005 nader die bekende Suid Afrikaanse TV direkteur, Frans Marx, vir Jan om die hoofrol in ‘n Afrikaanse dramareeks vir KykNet, “Dit wat stom is” te speel.

Hy skryf ook die lirieke en komponeer die titelmusiek, “Dromer”, vir die reeks.

Hy het ontvang in Oktober 2005 die Huisgenoot Tempo Toekenning vir “Die Beste Rock Groep”.

Jan se tweede album, ‘‘n Stille Runaway’, is in Januarie 2006 opgeneem en al die liedjies is self deur Jan geskryf en gekomponeer.

“Dromer” die titelmusiek vir die dramareeks “Dit wat stom is”, is ook op hierdie album te hoor. ‘‘n Stille Runaway’ bied ‘n verskeidenheid musiekstyle wat strek van rock na blues, van ballades tot ligte jazz.

‘n Verrassing op die album is dat Jan selfs klavier kan speel wat gehoor kan word in twee van die liedjies: “Ja ma” en “Vanoggend Van Gogh”.

Die musiekvideo van die liedjie “In wens” is opgeneem tydens die opname van hierdie album in Clarens in die Vrystaat.

Jan se derde CD getiteld “Groen Trui” is in November 2006 met ‘n groot gejuig bekendgestel by die Performer Teater in Pretoria.

Die CD bevat (natuurlik) sy gelyknamige treffer wat bekend geraak het met die bekende TV reeks ‘Orion’ en ‘n paar liedtjies wat gereelde gaste by sy lewendige optedes reeds sal herken.

‘n Nuwe rock-weergawe van “Sondag-lover” maak sy verskyning en na jare se wag is “Johnny K”.

Jan se tribute aan Johannes Kerkorrel, Jimi Hendrix en ander musiekmeersters, uiteindelilk opgeneem.

Jan het ondanks sterk kompetisie twee Huisgenoot Tempo Toekennings in 2007 ontvang, naamlik Gunsteling Rockalbum vir Groen Trui en weereens vir Gunsteling Rockgroep.

November 2007 verskyn Jan se DVD, ‘Live at the Performer’. Die opname is gemaak tydens die bekendstelling van ‘Groen Trui’ by die Performer Teater.

Jan het ook in 2008 ‘n suksesvolle reis na London gehad waar hy in die Aardvark opgetree het!

En toe natuurlik in Beijing, China. Jan was die 1ste Suid Afrikaanse kunstenaar wat in China opgetree het en het nie net Suid Afrikaners se siele gevoed nie, maar ook Chinese, Kanadese en die Ambasadeur van Suid Afrika s’n!

Die geleentheid het plaasgevind met die opening van die Suid Afrikaanse restaurant, Pinotage.

Dit was ook die finale geleentheid van die vieringe wat plaasgevind het waar die SA Embassy tesame met die SA Business verskeie geleenthede gehou het in viering van die 10 jaar herdenking van diplomatiese bande tussen Suid Afrika en China, wat saamgeval het met SA National Freedom Day vieringe.

Hy was met die 14de jaarlikse SAMA toekenningsaand bekroon met ‘n toekenning in die kategorie ‘Beste Afrikaanse DVD van die Jaar’.

Die geleentheid was op 2 en 3 Mei gehou by Sun City. Jan was ongelukkig nie self daar om die toekenning te ontvang nie, weens sy optredes in Beijing.

In Mei 2009 stel Jan sy album 7 Jaar bekend wat met groot lof en waardeering in die publiek, asook in die media en in die musiekbedryf ontvang word.

Jan word in dieselfde jaar vereer met ‘n Rapport VAMT (Vonk Afrikaanse Musiek Toekenning) vir 7 Jaar as die Beste Rock Album van die jaar.

Jan ontvang ook in 2010 ‘n SAMA toekenning hiervoor vir Gewildste Afrikaanse Rock Album; asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir Gewilde Rock Album en Alternatiewe Musiekvideo van die jaar saam met MK (Rosie).

Die nommer sewe is ‘n heilige nommer wat volledig, vol en perfek beteken – simbolies van die voltooiing van ‘n siklus.

Met die uitreiking van Jan Blohm se tweede DVD in sy sewende jaar as verhoogkunstenaar, durf dié simboliek nie die kyker verbygaan nie. Het hy nie juis al ‘n album met die amper profetiese titel 7 Jaar die lig laat sien nie?

Lotus: Live DVD is in Junie 2011 in Die Liedjieboer, Midrand, voor ‘n gehoor opgeneem.

Dit is ‘n toonbeeld van die rockdigter en verhoogfilosoof se verbysterende talent, wat hy vir die heel eerste keer in 2004 met die Suid-Afrikaanse publiek gedeel het.

Dié intieme konsert is ‘n samekoms van gunsteling-liedjies van CD’s soos Melkstraat Confessions, 7 Jaar en Stille Runaway. Maar dit is veel meer as net ‘n goue gerf treffers. Dit sluit ook twee splinternuwe skeppings – Ruby en Ons huisie – in.

Lotus is soos ‘n kuier-aand saam met Blohm, terwyl hy omring is deur van die land se voorste musikante. Van Anton L’Amour (op kitaar) en Riaan Diedericks tot Chrismari Nel en Martin Labuschagne deel die verhoog met hom. Terwyl Brenda Biddulph en Elrine Spies die agtergrondsang verskaf.

Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word.

Hy noem byvoorbeeld dat hy altyd gedink het dat mense wat hemel toe gaan, Potchefstroom toe gaan… Totdat hy besef het hulle gaan eintlik Stellenbosch toe!

Die titel van Blohm se tweede DVD het verskeie betekenisse, op verskillende vlakke. Die lotus is die enigste blom wat in vuil, modderige water ver van die son groei en dan met ‘n onaantasbare skoonheid verras.

Vir Blohm is dit ‘n metafoor vir die lewe.

“Dit maak nie saak hoe sleg en moeilik ‘n mens se lewensomstandighede is nie, ‘n mens het steeds die vermoë om uit te styg en een van die mooiste blomme te wees,” vertel die sanger met die skerp tong en pen.

Die digter Breyten Breytenbach was sedert Blohm se jeug ‘n besonderse inspirasie. Breytenbach het in die jare 70 ‘n digbundel getitel Lotus onder die skuilnaam Jan Blom gepubliseer.

Vandaar dat Blohm die karakter Jan Blohm aangeneem het en as sy verhoogpersona gekies het. Liedjies soos Groen trui en Breyten se brief is dus deel van die DVD-konsert om hierdie rolmodel te huldig.

Jan stel Augustus 2012 sy sewende solo-album Ruby bekend. Jan het die afgelope vier jaar aan die album se liedjies geskryf en geskaaf. Ruby was opgeneem in Jan se eie opname-ateljee, Blomhuis Studios in Pretoria.

Hy was self die produksieleier en aan sy sy was die kitaarspeler, Jon Buckley, wat ook mede-liedjieskrywer op van die liedjies was.

Ruby was in 2013 genomineer vir ‘n Ghoema Toekenning vir Rock Album van die Jaar.

Ook vir ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Alternatiewe / Rock Album van die Jaar.

Die Liefde Album is Jan Blohm se nuutste vrystelling na ses jaar, maar is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie. Eerder die rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ‘n album gevul Blues, Rock & Poëtry.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ‘n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, LIEFDE al is wat die wêreld nou nodig het.

Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde. Terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe Liefde-album homself.

Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ‘n doen-ding, nie ‘n sê-ding.

Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees.

Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van hierdie produksie was John Masser. Jan se orkeslede was hands on betrokke by die vervaardiging van hierdie album met sy unieke, warm rock-klank.

Jan glo ‘n album is nie ‘n mengsel van liedjies nie, néé, jy skryf ‘n album. Met ‘n begin en ‘n einde; nes ‘n liefdesroman. Die befaamde Arnold Coleske was ook betrokke en het Jan gehelp met ‘vocal producing’.

Hy’t dit goed reggekry saam met sy spanmaats; John Masser op kitaar en backing vocals, Francois Kleinhans ook op kitaar. Tinus Odendaal op dromme en die bekende Danny Lalouette op Bass.


Jan Blohm se debuutalbum wat in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met ‘Album van die jaar’.

Breyten se brief was toe as liedjie van die jaar aangewys en Jan as “Beste nuweling”.

Daarna het Jan sy loopbaan kaalvoet aangedurf met hoogte-en laagtepunte, maar staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Rock.

Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se “Beste Rock groep van die jaar” in 2005. In 2008 sprei hy vlerke en pluk die hartsnare in London en selfs Beijing, China!

Met die 14e jaarlikste SAMA toekenningsaand word ons Rock-Koning bekroon met “Beste Afrikaanse DVD van die jaar.”

2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT toekenning vir “Beste Rock Album van die jaar”.

Ook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir “Gewildste Rock Album” en “Alternatiewe Musiekvideo van die jaar” saam met MK! ‘n ‘Rocker’ met meer toekennings as kitare ‘n paar jaar terug!

‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en die grootste van als; Die Liefde…

Jan Blohm breek die kontras tussen rock en liefde, en gaan jou harde rocker’s hart laat smelt met sy nuutste; Die Liefde Album!

Die albumtitel klink dalk vir sissies, nes hy op skool gespot is toe hy portrette wou teken met houtskool, maar Jan Blohm oortuig met sy nuutste vrystelling.

Hy het die pad gestap van selfaanvaarding en kan hom nou met reg die kontrasteerende titel toe-eien as die ‘rock-koning van harte’!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis