Jan Bloukaas

Jan Bloukaas

 Jan Bloukaas | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jan Bloukaas is ‘n Suid Afrikaanse musikant en kletsrymer. ʼn Video vir sy liedjie “Kaas bra” was binne twee maande meer as 400 000 keer op YouTube gekyk.

Jan Bloukaas - Kaas Elke Dag
Jan Bloukaas - Kyknet en Chill
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Lewe -- 2018

Biografie

Jan Bloukaas is ‘n Suid Afrikaanse musikant en kletsrymer. ʼn Video vir sy liedjie “Kaas bra” was binne twee maande meer as 400 000 keer op YouTube gekyk.

Nadat sy treffer, Kaas elke Dag in 2017 die internet en Suid Afrikaners verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill kort daarna gevolg.

Sy debuut-album, Lewe is in 2018 vrygestel. Die album is in 2019 vir die Suid Afrikaanse Musiektoekenning vir beste Afrikaanse popalbum genomineer.

Desember was die eerste amptelike vrystelling vanaf sy eerste solo- album, Lewe. Behalwe gunstelinge soos Kaas Elke Dag, kykNET en Chill en Lassit spog hierdie CD met nog vyftien splinternuwe oorspronklike liedjies deur hierdie talentvolle jong man.

‘Kaas bra’ is maar een van sy meer snaakse liedjies, hy doen ernstiger liedjies ook.

Hy wil iets nuuts en vars aanbied, en gaan daarom voort om elektroniese musiek te vervaardig.

Daar is ook meer ernstige musiek waarby mense ook sal aanklank vind.

Jan Bloukaas is skaars klaar met matriek en reeds ’n held onder die jeug, en ook meer volwasse gehore wat sy musiek geniet.

Hy speel al vandat hy in graad ses is met musiek en elektroniese klanke rond op sy rekenaar. Hy wou eintlik graag ernstige musiek maak en het homself nooit gesien as ’n sanger nie.

Mense se reaksie op sy musiek is ongeloofik. Hy het ʼn ongeloofike talent en dit is iets wat nie baie kunstenaars kan doen nie.

Sy musiek is vernuwend, vars, vol humor, en vermaaklik. Hy het reeds vir homself ’n permanente plek in die Afrikaans musiekbedryf gevestig.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars