Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Jennifer Zamudio is ‘n Suid-Afrikaanse sangeres. In 2017 stap sy weg met twee Ghoema toekennings in die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album “Ongelooflik” en “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”.

JENNIFER ZAMUDIO "Altyd myne" (Amptelike Musiekvideo)
JENNIFER ZAMUDIO "Sê dit Harder" (Amptelike Musiekvideo)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

2016 – Ongelooflik (Jennifer Zamudio)
2015 – 15 Jaar Spesiale Uitgawe (Jewel Music / Universal Music)
2013 – Hart en siel (Zamudio Musiek)
2011 – Die lewe is ‘n liedjie (Zamudio Musiek)
2010 – ´n Dekade van musiek / Dubbel CD (Markon Records)
2008 – Hier’s My Hart (Markon Records)
2006 – Hoor hoor (Jennifer Zamudio)
2005 – Hart Se Loper (Jennifer Zamudio)
2003 – Ek Het Jou Gevind (Sting Musiek
2002 – Jy Is Die Een (Sting Music)
2001 – Leef (Sting Music)

Biografie

Jennifer is gebore in Gansbaai, Suid-Afrika en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek / Velddrif.

Jennifer is Afrikaanssprekend en haar unieke van “Zamudio” is van Spaanse afkoms en word foneties uitgespreek as “Za-moe-die-hou”.

Sy het in 1989 gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury.

Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 28 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 19 jaar professioneel.

Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promusik in Pretoria.

Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”.

Haar pershaarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.

Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”.

Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester, en het gelei tot Jennifer se eerste Platekontrak.

Jennifer se “ontwerperstem” sal jou wegvoer en asemloos laat aan die einde van elke optrede.

Mense van alle ouderdomsgroepe identifiseer maklik met haar musiek, en sy het die vermoeë om enige gehoor op hulle voete te kry.

Haar musiek is lewendig en energiek, maar sy het ook die gawe om mooi strelende ballades tot hulle volle reg te laat kom.

Jennifer glo daaraan om haar musiek na die mense toe te neem en vir hulle musiek te gee wat hulle wil hoor.

Sy skryf ook graag van haar eie liedjies en het haarself al baie goed bekwaam op die kitaar. Jennifer is ook ‘n uitstekende MC en vryskut televisie aanbieder.

Jennifer het alreeds TWAALF solo albums agter haar naam.

LEEF, JY IS DIE EEN, EK HET JOU GEVIND, HART SE LOPER, HOOR HOOR, HIER’S MY HART, ‘N DEKADE VAN MUSIEK (‘n dubbel CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf).

Ook DIE LEWE IS ‘N LIEDJIE, HART EN SIEL, 15 JAAR SPESIALE UITGAWE (ter viering van haar 15 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf), ONGELOOFLIK en haar 2018 vrystelling GOUD IS MY WOORDE.

Van haar CD’s het ook aan haar verskeie Nominasies en Toekennings in die musiekbedryf besorg.

Sy is ook al ingesluit op 16 verskillende kompilasie albums.

Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades.

Haar treffer lied, “Hart en Siel”, wat spesiaal vir haar geskryf is deur die bekroonde en welbekende liedjieskrywer, Rudi Claase was 22 weke op die No.1 posisie op Bosveld Stereo se Top 20.

Dit het ook gelei tot die enkelsnit “Sê dit harder” in 2015 wat ook deur Claase geskryf is.

Die lied het ook die verskeie No.1 posisies behaal kort na uitreiking. Hierdie is beslis van Jennifer se loopbaan bestes.

In 2016 pak Jennifer ‘n spesiale projek aan saam met Allen McKendree van PGI Global in Nashville VSA. Sy reik weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de CD, Ongelooflik uit.

Hy was reeds voor vrystelling deur radiostasies bestempel as “verseker iets om na uit te sien”.

Die cd het die musiekbedryf laat regop sit en het die resensente gaande gehad. Huisgenoot bekroon die cd met ‘n vier ster resensie, wat selde toegeken word, en mens het toe geweet hierdie cd is ‘n wenner.

Jennifer kry ook met hierdie projek haar eerste registrasie as liedjieskrywer by ASCAP – die VSA se weergawe van ons SAMRO.

In April 2017 stap Jennifer weg met twee gesogde Ghoema Musiek toekennings.

In die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album “Ongelooflik”. Ook vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. Wat toegeken is na aanleiding van die publiek se stemme wat ontvang is.

Gedurende Junie 2018 reik sy Goud is my woorde uit, wat net weereens dui op Jennifer se veelsydigheid as kunstenaar.

Sy span kragte saam met van ons land se geliefste liedjieskrywers. Soos Rudi Claase, Stefan Visagie, Tertius Pretorius, Marno van der Merwe en Juandré Marais. Sy bring aan die luisteraar ‘n vars kwaliteit produk.

Bo en behalwe die twaalf oorspronklike snitte op die album, waag sy haar stem aan Anneli van Rooyen se “Ek glo”. En Niel Diamond se “I am I said” wat enorme positiewe reaksie uitlok by die publiek.

In April 2019 stap Jennifer weer weg met ‘n Ghoema Musiektoekenning vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” wat suiwer geskoei is op die publiek se stemme.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis