Joe F

Joe F

Joe F | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Joe F is die verkleurmannetjie van die musiekwêreld; ‘n kunstenaar wat nie toelaat dat hy in ‘n boksie met ‘n eendimensionele etiket verpak word nie.

Die kragdadige sanger met die rasperstem het as liedjieskrywer én sanger die vermoë om sy eie grense met die grootste gemak te verskuif.

Sy tweede album by Vonk Musiek, Hou My Vas, is ‘n bielie van ‘n versameling wat soos musiekdinamiet vir ‘n oor-tot-oor-ontploffing sorg.

Joe F - Vliegmasjien
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Myself -- 2006

Rock My Wereld -- 2008

Vliegmasjien -- 2010

Hou My Vas -- 2012

Nog Een -- 2015

Nou Ons (Single) -- 2019

Biografie

Joe F is die verkleurmannetjie van die musiekwêreld; ‘n kunstenaar wat nie toelaat dat hy in ‘n boksie met ‘n eendimensionele etiket verpak word nie.

Die kragdadige sanger met die rasperstem het as liedjieskrywer én sanger die vermoë om sy eie grense met die grootste gemak te verskuif.

Sy tweede album by Vonk Musiek, Hou My Vas, is ‘n bielie van ‘n versameling wat soos musiekdinamiet vir ‘n oor-tot-oor-ontploffing sorg.

“My musiek is baie soos ‘n tydlyn van my lewe. Ons elkeen groei,” vertel die sanger wat glo dat sy liedjies hom kies.

“My aanhangers groei saam met my. Ons was eers in ons rock-stadium, ons rebelse stadium, ons kalm-word-stadium. En nou is ek op ‘n stadium waar my vriende en familie vir my kosbaar is.”

Sou ‘n mens Joe F as ‘n rocker wou stereotipeer? Hy wys met die album Hou My Vas dat sy talent wyer strek as die treffer Vliegmasjien (van sy vorige album en wat weer hier ingesluit is).

Met die openingsnit Jy is my vrou sing hy ‘n stryker-begeleide ode aan sy lewensmaat: “Jy is my vrou, hier in my arms toegevou…”

Miskien pols ook van die liefde en bekoring en illustreer ‘n heel ander faset van dié Pretorianer. Hy is ‘n ballade- en minnesanger wat met klank en liriek menige knieë kan laat lam word.

Die titelsnit is egter ‘n hoë-oktaan-treffer waarin pop en rock teen ‘n vuurspuwende ritme met Joe F se stomende stemwerk gekombineer word.

Super Rugby Man, wat voorheen op die versamelalbum Greatest Rugby Hits saam met goue oues. Van onder andere Toto ingesluit is, is nou vir die eerste keer op Joe F se eie album.

Daarmee saam sing hy ‘n Engelse snit, I Miss You, met die aktrise Carla Else wat eersdaags in Getroud met rugby te sien sal wees.

“Ek en Carla is goeie vriende wat een aand sommer net vir die grap saamgesing het en besef het ons klink nogal goed saam.

Ons wou albei graag hierdie liedjie saam opneem en kyk hoe ver ons dit kon vat.”

Dit is vir Joe F ‘n voorreg as hy iemand met sy Godgegewe talente kan roer.

Hy was immers net drie jaar oud, toe hy in die kerk met oortuiging verklaar het dat hy ‘n sanger en musikant gaan word.

“Die dominee het my gevra wat ek gaan doen as ek eendag groot is. Ek het dadelik gesê: ‘Sing en dans!’ “

Hou My Vas is ‘n kraakvars album wat oorloop van die treffers – liedjies wat nes sy voorganger. Maande nadat dit die winkelrakke getref het, steeds die top10-lyste gaan haal.

Waar soveel ander musiekmakers stagneer of aan hul resepteboeke vasklou, is Joe F in ‘n melkweg. Van sy eie waar hy skitter met musiek wat al die kleure en klanke van die heelal weerspieël.

In sy show speel hy nie net sy eie musiek nie, hy speel ook nie net Afrikaans nie.

Hy meng dit alles saam om ‘n uitstekende show te bied. En juis daaroor koop mense die CD en wanneer hulle hom weer sien, vra hulle vir sy liedjies ”

“Ek doen musiek in Afrikaans, wat nie noodwendig dieselfde beteken as Afrikaanse musiek nie,” verduidelik hy met ‘n stout glimlag in sy oë.

“Die Afrikaanse mark is só versadig en ek wil dinge ‘n bietjie anders aanpak.

Ek is ook nie maar net nog ‘n ou met ‘n kitaar nie -- daar’s genoeg van hulle! Maar ons is ook nie heeltemal ‘n groep nie.

Joe F is al ‘n paar keer om die blok. Ná skool het hy vier diplomas verwerf by ‘n private kollege: in koordirigensie, klankingenieurswese, uitvoerende kuns en onderwys.

Daarna het hy aangesluit by die groep Love You So.

“Dit was pret,” sê hy. “Ons het vir drie maande met Steve Hofmeyr getoer en ek het sommer baie geleer deur hom in aksie te sien.

En natuurlik met daai lang gesprekke in die bus!

Steve het my geleer hoe om ‘n show aanmekaar te slaan, en ook vir my die beste raad van my loopbaan gegee: Hou net aan skryf.

Eendag sal jy ‘n treffer hê.”

Joe is ook ‘n bekwame liedjieskrywer, en dis juis hier waar sy ware ambisie lê: “Ek het liedjies vir die groep geskryf.

Een is toe ook opgeneem deur die Alabama-groep van die Potchefstroomse Universiteit.

Ek kry vandag nog tantieme daarvoor!” Joe skryf ook vir ander kunstenaars soos Rudi Muller en Pieter Koen se skud jou biscuit.

“Maar so paar jaar gelede het ek besluit ek is moeg daarvoor om soos Abba te lyk.

Het op my eie gegaan en die laaste paar sente wat ek gehad het gebruik vir die opname van ‘n CD.

Vir die eerste jaar het ek alleen gesing, maar dit het eenvoudig net te veel geraak.

Toe kry ek ‘n kitaarspeler aan boord om dinge ‘n bietjie op te kikker en nou het ek die band wat my ondersteun.

Deesdae is Joe F al amper oral in Suid-Afrika te sien. “Ons speel by klubs en kroeë dan is daar nog die feeste en karnavalle. Ons speel sommer oral. Ek dink nie daar’s iemand daar buite wat regtig kan sê hy’s te belangrik vir ‘n show nie.”

Met n naam so opvallend soos sy lirieke, is Joe F alweer besig om musiek te maak wat Suid-Afrikaners gaande het.

Hierdie keer gee hy woema aan die rock-wêreld met sy album, Rock My Wêreld. Met treffersnitte Hoe Voel Jy Oor My?, Goeienaand Majoor en Verdrink.

Met ‘n naam wat gehore voor lief geraak het, is Joe reeds twee stappe voor die kompetisie.

Getoë in Pretoria, Joe F is n gevestigde en welbekende Suid Afrikaanse kunstenaar.

Sy gawe om sy gehoor te lees is wat gelei het tot sy reputasie as n man wat weet hoe om musiek te maak.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis