Joe Foster

Joe Foster

Joe Foster | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Joe Foster is ‘n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, solosanger en was lid van die mansgroep ADAM. Hy het verskeie trefferliedjies soos “Gebore om jou lief te hê”, “Hartklop” en “Hart Se Volkslied” geskryf.

Joe Foster - Pad Na Jou Hart (Official Video)
Joe Foster - In die Reën Vir Jou
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Hartklank -- 2015
Volgende Stap -- 2018

Biografie

Joe Foster is ‘n Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Voorheen boyband lid en nou ‘n Ghoema bekroonde solo kunstenaar!

Sy Temalied vir die Film “Pad na jou hart” het ons almal laat regop sit in afwagting van wat hy nog gaan oplewer op sy eie.

13 Oorspronklike liedjies almal uit die pen van hierdie Ghoema wenner vir “Lied van die jaar” 2015. En nie een stel teleur nie en resensente is gaande oor die produk!

“It’s amazing. Joe’s strong point, besides his smooth vocals, is his songwriting.

This is something we respect a lot” – “This is one of the best local albums to be released this year” – People

“ Joe is ’n uiters talentvolle en veelsydige sanger en liedjieskrwyer wat nie noodwendig al wat modegier is, navolg nie. Wat tog vorendag gekom het met musiek van goeie gehalte wat toeganklik is vir ’n groot gehoor.

Hierdie album kan sterk aanbeveel word en behoort nog heelwat treffers op te lewer” – Maroela Media.

“As Hartklank ’n aanduiding is van wat kom, le ’n blink sololoopbaan vir hom (Joe Foster) voor.” – Huisgenoot

Met ‘n nuwe treffer op hande met sy nuutste enkelsnit “Vir my gemaak” lyk dit of 2016 sommer vroeg op ‘n hoogtepunt afskop.

Met reeds 100 000 Kyke en meer as 4000 “shares” op Facebook!

Die lied is ook tans op verskeie radiostasies se trefferlyste onder andere op die Jacaranda Afrikaanse top 20.

Daar is min musikante van wat so gemaklik agter ’n klavier kan inskuif. Vandaar ’n wonderlike musikale vertoning, met stem en klavier kan lewer.

Joe se besondere mooi stem en sy opwindende melodieë en lirieke maak dat sy musiek inderdaad musiek uit die hart is.

Buiten die dertien liedjies wat Joe vir sy album geskryf het was hy ook 2015 genader om vir kykNET ‘n temalied vir te skryf. Spesifiek met die slagspreuk. Beleef jou wereld in Afrikaans.

Dit is ‘n bewys van die vertroue wat in Joe se vermoe geplaas word.

Hierdie lied word in 2015 ‘n bekende in KykNET kykers se huise. En dien die lied as fondasie vir ‘n merkwaardige en bekroonde veldtog..

Joe se liefde vir musiek kom reeds van kleins af.

Sy ma was ’n musiekonderwyser wat hom vroeg al touwys gemaak het en reeds voordat hy skool toe is, het musiek hom geroep.

Kleintyd het hy begin met klavierlesse en as jong musikant was hy ook die musiekleier van ’n paar gemeentes. Soos die NG gemeente Quellerina en ook klavier begeleier en item sanger by die bekende Mosaïek gemeente.

Joe het sy heel eerste musiekstudio ingerig toe hy nog op skool was, en dit was dus ’n logiese keuse dat hy opleiding wou ontvang as klankingenieur.

Hy skryf in 2002 in vir ’n kursus in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Tegnologie Kollege in Amsterdam, Nederland.

Nadat hy sy studies voltooi het, doen hy vir ’n paar maande praktiese ondervinding op in ’n musiekstudio in Köln, Duitsland.

Daarna is hy weer vir ’n paar maande terug na Nederland voordat hy uiteindelik huis toe gekom het.

Na sy terugkeer na Suid-Afrika, fokus Joe veral op die vervaardiging van musiek en hy help onder meer vir Karen Wessels om haar CD, Hoe durf jy? op te neem.

Toe die geleentheid opduik om in 2010 by die mansgroep ADAM aan te sluit, gryp Joe hierdie kans met albei hande aan en vir drie jaar was hy deel van hierdie baie gewilde popgroep.

Uit Joe se pen het ’n hele rits van ADAM se grootste treffers gekom. Liedjies soos “Gebore om jou lief te hê”, “Hartklop,” “Sonder” en “Mooiste Melodie” is alles deur hom geskryf.

Joe skryf ook die temalied vir die baie suksesvolle Afrikaanse fliek, Pad na jou hart en die liedjie met dieselfde titel is reeds vir maande lank op verskillende treffersparades.

Joe is ook in 2014 genomineer vir ’n Ghoema-toekenning as Liedjieskrywer van die Jaar vir “Pad na Jou Hart”.

Hy hoop om vorentoe in sy loopbaan sommer nog baie musiek vir rolprente te skryf.

Joe het ADAM in Oktober 2013 verlaat en besluit om hom op sy eie sololoopbaan toe te spits.

Uit die ADAM ervaring het hy veral baie van die verhoog geleer en hoe om as kunstenaar ’n lekker wisselwerking met ’n gehoor te bewerkstellig.

Deesdae is hy ewe gemaklik voor ’n klein intieme gehoor, of ’n reuse skare. Sy stem het ook in hierdie tydperk geweldig gegroei en by dit alles is sy eie kreatiwiteit uitgedaag.

Hy het nie gehuiwer om hierdie uitdaging aan te durf nie en die rits treffers wat uit sy pen verskyn het, getuig hoe suksesvol hy daarmee was.

Joe se insluiting as solokunstenaar in 2014 se Huisgenoot Skouspel. En die Innibos Fees se hoofprogram kan getuig van die topgehalte musiek wat hy maak en sy toenemende gewildheid as musikant.

Joe se vertonings is besonder gewild by feeste en ook as deel van korporatiewe geleenthede.

Hy hou self baie daarvan om in die intimiteit van ’n kleinerige teater sy hartsmusiek te maak. Joe het ook ’n orkes wat gereeld saam met hom optree.

Met HARTKLANK stap hy ’n pad saam met diebefaamde en ervare Coleske broers

Joe se eerlike lirieke getuig van lewenservaring. En ’n behoefte om hierdie lewenslesse wat hy langs die pad leer, eerlik en opreg met sy luisteraars te deel.

Een ding wat Joe op die harde manier moes leer. Is om geduldig te wees en te wag dat die tyd ryp is vir sekere dinge.

Uiteindelik hoop hy om ook as solokunstenaar die platinummerk met die verkope van sy CD’s te haal. Met musiek wat uit sy hart uit kom, hoe anders?

Joe Foster wen in 2016 Ghoema Manlike Pop Album van die jaar met Hartklank Album. Dit was die harde werk and lank wag werd.

Nadat Joe Foster die reuse suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat so waar die volgende stap met hierdie nuwe album.

Alhoewel hy talle liedjies en projekte vrygestel het tussen die twee albums, het hy gevoel nou is die regte tyd om weer ’n vol album vry te stel.

Twee van die dertien liedjies op die nuwe album het reeds baie gewild geword vandat dit vroeg in 2018 vrygestel was.

“Vrede Maak” en sy eerste Engelse enkelsnit “Look Away” het sederdien bo aan talle SA kommersiële trefferparades gepronk.

Hierdie twee snitte is baie goeie aanduidings waarna sy aanhangers kan uitsien.

Na die treffer belaaide “Volgende Stap” album, wat in Augustus 2019 vrygestel is.

Daar is ook ’n snit “Volgende Stap” wat die derde enkelsnit van die album sal wees maar die eerste een wat saam met die album vrygestel gaan word.

Joe Foster het groot naam begin maak met sy liedjie “Pad Na Jou Hart”.

Vrygestel as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuut, aan die begin van 2014.

Dit na hy einde 2013 die groep ADAM verlaat het, om sy solo loopbaan af te skop en te begin werk aan sy Hartklank album.

Pad Na Jou Hart film se temalied en enkelsnit projek was ’n goeie fondasie om sy blink loopbaan op te kon bou.

Hy het van toe af van krag tot krag gegaan, talle treffers geskryf vir homself, tv kanale en ander kunstenaars. Vyf jaar later doen hy dit nogsteeds.

Hy het al die liedjies op hierdie album self geskryf en sê dat hy met elkeen se inhoud en met elkeen se styl baie uit sy gemaksone beweeg het.

Hy het selfs sy kletsrym skoene aangetrek op die liedjie met die naam “As Die Mure Val”.

Joe Foster het al die snitte, behalwe “Look Away”, self vervaardig, opgeneem en gemeng.

Waar Look Away deur Fred den Hartog, van die gewilde Heuwels Fantasties groep, vervaardig was en deur Dane Taylor gemeng was.

Joe het sy klank ingeneurswese en musiek vervaardiging kwalifikasies gedoen in Amsterdam, Nederland.

Daarna het hy terug gekom na Suid-Afrika en baie agter die skerm ervaring opgebou het in studio voor hy deel geword het van die groep ADAM.

In die groep het hy meer gefokus op sy toer, skryf en optree kuns en om dit sterk te ontwikkel.

Dus het hy minder tyd in studio begin spandeer.

Kort na sy wegbreek van die groep het hy as solo kunstenaar meer daarop gefokus om weer voltyds in die studio te wees.

As hy nie op die pad is met optredes en bemarking nie.

Hy het hierdeur goeie selfvertroue opgebou voor hy hierdie projek aangepak het.

Met hierdie album kon hy al die individuele lesse, kennis en ervaring implementeer wat hy die laaste 10-15 jaar van sy lewe aan spandeer het.

Hy is baie opgewonde oor alles wat hy geleer het met die maak van die album. Hy het sommer dadelik weer gaan begin werk aan nuwe liedjies, terwyl hy natuurlik

Volgende Stap album vrystel en bemark oor die land. “Album-maak vat lank”, sê hy. Dis ’n lang proses van inspirasie en implimentasie.

Hy het hierdie album in klomp verskillende plekke oor die land opgeneem en gemeng. In sy eie studio tuis, professionele studio’s, slaapkamers, sitkamers en selfs strandhuise reg oor die land.

So “Volgende Stap” is opgeneem waar hy ’n rekenaar, mikrofoon en studio gereedskap kon opstel en inspirasie kon vind.

Dit maak hierdie projek werklik iets uniek en spesiaal vir hom as kunstenaar, liedjieskrywer en vervaardiger.

Mens kan sê “Volgende Stap” is Joe se volgende stap in sy kreatiwiteit en musikale seisoen.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis