Johan C Venter

Johan C Venter

Johan C Venter | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Johan C Venter is ‘n sanger liedjieskrywer, beter bekend as lid van die a capella groep Flip a Coin. Saam met die Groep het hy bekendheid in die Afrikaanse musiekbedryf verwerf.

Johan C Venter - Oë Soos Pêrels (Official Music Video)
Johan C Venter - Mal Oor Jou (Offisiële MusiekVideo)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Liedjies oor Lugkastele -- 2012
Daarom Vier Ons Kersfees -- 2013
Met Jou Hart -- 2015
Hoe Moes Ek Weet met Joe Foster -- 2016

Biografie

Johan C Venter is ‘n sanger liedjieskrywer, beter bekend as lid van die a capella groep Flip a Coin. Saam met die Groep het hy bekendheid in die Afrikaanse musiekbedryf verwerf.

Hy het op verhoë soos die van Skouspel saam met van ons land se mees bekende kunstenaars gestaan.

As liedjieskrywer het hy ook sy stempel afgedruk met van liedjies op ongeveer 18 verskillende CDs en DVDs. 2012 is verseker die groot jaar in Johan C se persoonlike loopbaan.

Met die vrystelling van sy Solo Album “Liedjies oor Lugkastele”.

Sy liedjie Jasmyn is in die nuwe FAK Sang bundel opgeneem. Ook een van sy gedigte “Bloeisels” is as voorgeskrewe werk deel van die Afrikaanse Gr. 9 Skool kurrikulum.

KORT GESKIEDENIS

Johan C. Venter het in Pretoria grootgeword. Dit is hier waar hy reeds ’n belangstelling in musiek en toneel begin toon het, sy eerste passie, was egter toe nog om te skryf!

Na skool het hy LLB aan die Noordwes Universiteit (Pukke) gaan studeer.

Daar het hy besef hoe groot sy liefde vir sing en skryf is en toe hy deel van sy koshuis se serenade groep geword het.

En so ook het die a capella groep Flip A Coin hom vir die eerste keer raak gesien en later genader om deel van die groep te word.

Dit was die eerste dag van die res van sy lewe in musiek.

Sedertdien het Johan C se musiek op 18 verskeie CD’s en DVD’s verkyn, het hulle verskeie nominasies ontvang en het hulle ‘n MK-toekenning vir een van sy liedjie Jasmyn gewen.

Jasmyn word ook in 2013 in die nuwe FAK sangbundel opgeneem en word deur Johan beskou as een van die hoogtepunte van sy lewe.

“Die FAK Sangbundel bestaan uit liedjies wat slegs gesien word as ikoniese Afrikaanse liedjies. Wat deel geword het van die bevordering en dus belagrike geskiedenis van ons taal.

Dit is ’n deel van ons geskiedenis wat vir ons kinders se kinders se kinders nagelaat moet word. Dus is Jasmyn nou volksbesit. Dit is ’n ongelooflike voorreg” – Johan C Venter

DIE SOLO-ALBUM

Johan C se eerste solo album, liedjies oor lugkastele, bevat 13 snitte almal uit sy pen. Vier daarvan is ou Flip a Coin gunstelinge (Jasmyn, Vanaand, Jy en Engel vir my)

“Liedjies oor lugkastele” bevat ses van Johan C se nuwe liedjies asook n gedig wat deur Gys de Villiers gelees word.

En waarvan die musiek deur Joe Foster van die bekende pop groep ADAM gekomponeer is.

“Dit is n groot waagstuk om n gedig op die album te sit maar ek het gevoel dat as kunstenaar moet ek nie myself inperk nie, ek moet eerlik met myself wees.”

“Ek moet ‘n Album maak waaroor ek self versot is, dus is die blote bestaan van die produk reeds vir myn persoonlike sukses”.

“Ek voel ook dat as ek van iets hou moet daar sekerlik tenminste nog een mens wat ook daarvan hou.”

Gys De Villiers is nog altyd een van Johan C se ikone en as hy moet dink aan Afrikaans as n stem is dit Gys sin.

Joe Foster is ook een van Johan C se moderne “heros” is musiek.

“Joe skryf soos wat ek musiek wil hoor, hy is ongelooflik goed!”

“Die feit dat ek hierdie snit saam met hom en dan natuurlik die die stem-meester Gys kon doen is in opsig self ‘n droom wat waar geword het”

Johan C is een van daardie kunstenaars wat nie sy sukses aan bekendheid meet nie maar eerder hoe hy mense kan raak met sy musiek.

Die album se titel “Liedjies oor lugkastele” is n versamelnaam wat die album bymekaar bring.

“Ek is n romantikus, alhoewel my geluk in liefde maar power is kan ek nie help om dagdrome daaroor te he nie.”

Dit is ook hoe die album kan beskryf word.

‘n Romantiese manifestasie van wat ons almal soveel keer voel maar nie noodwendig die woorde voor kry nie. As jy wel panfluit en harpe in jou kop hoor as jy aan romanties dink is jy wel verkeerd.

Die album is n vars weergawe tot hierdie siening en bied vir die afrikaner musiek net soos wat ons daarvan hou, gelukkig en vol lewe.

“Liedjies oor Lugkastele” kan ook beskryf word as ‘n album met ‘n definitiewe nuwe klank vir Afrikaans. Die album is heeltemal klavier gedrewe en is sonder die geruik van kitare opgeneem.

“Ek het glad nie n probleem met kitare nie. Net mal oor die klank van ‘n klavier, ek skryf musiek op n kitaar maar ek hoor dit in my kop op n klavier.”

“Moes maar destyds vir my ma geluister het en aan gegaan het met my klavier lesse” verduidelik Johan C.

“Ek is nie goed met praat nie, ek skryf veel eerder. Het net selfvertroue as ek skryf, niemand kan my oordeel nie. En as ek gelukkig is daarmee dan kan ek dit op my tyd bekend maak aan die publiek.”

“Selfs as ek iemand op hulle verjaarsdag bel skryf ek voor die tyd neer wat ek vir hulle wil se” vertel Johan C asof hy bietjie skaam kry daaroor.

“Ek het wel vrede hiermee gemaak en gelukkig het God vir my die geleentheid gegee om dit om te kan sit in iets magies”.

Die album bevat ook ‘n geestelike liedjie wat vir Johan C dien as ‘n gebed.

Die snit handel oor God se guns. Hoe almagtig dit is en hoe dankbaar Johan C self is vir die guns wat God hom gegee het.

Om bloot net die geleentheid te kry om te werk aan ‘n solo album.

“Ek het lank gewonder of ek wel iets so persoonlik soos ‘n gebed op die album wil plaas.

Dit is eintlik net iets wat tussen my en God moet gebeur.

Maar toe besef ek dat dit my verantwoordelikheid as Christen is om nie net dankbaar te wees vir wat ek het nie. Maar ook om daarvan te getuig”.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis