Karlien Husselman

Karlien Husselman

Karlien Husselman | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Karlien Husselman is een van die land se kunstenaars wat al jare in die bedryf is.

Sy het reeds in 2002 op Idols haar verskeining gemaak saam met bekendes soos Heinz Winckler, Brandon October, Melanie Louw ens.

Karlien Husselman - Mis jou
Karlien Husselman - Sing Jou Hart van Liefde (Live @ Afriganza 2014)
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

My Wens Vir Jou -- 2008

Hier’s My Hart -- 2010

Hunky Dory -- 2012

Verlief -- 2019

Biografie

Karlien Husselman is een van die land se kunstenaars wat al jare in die bedryf is. Sy het reeds in 2002 op Idols haar verskeining gemaak saam met bekendes soos Heinz Winckler, Brandon October, Melanie Louw ens.

En na sy onder die top 50 beland het, het ‘n platemaatskapy haar raakgesien en haar ‘n kontrak aangebied. Na talle hoogte punte en laagte punte tussen 2002 en 2005, het Karlien aanhou sing, en by feeste opgetree.

Haar eerste cd, het sy opgeneem met R10 000 wat sy by ‘n karaoke kompetisie gewen het in 2003.

Dit het sy op KKNK verkoop. Dit het so goed verkoop dat Karlien besef het, daar is ‘n mark wat haar musiek soek.

Eers in 2005, het die platekontrak met Maroela musiek gerealiseer, a.g.v omstandighedes buite haar beheer, en sy bring haar debuut album -- Niemand nog soos jy uit, met treffers soos, Carolientjie soek ‘n man, Ahoema shewelana, en natuurlik haar jodel keurspel met Heidi!!!

Karlien word in 2006 die Jodel prinses van Suid-Afrika gedoop, maar in 2007 kry Karlien ‘n terugslag en hoor sy dat sy probeleme met haar stembande het.

Sy het stadig maar seker weg gesak uit die mark, en minder begin sing en jodel. Maar in 2010, is Karlien terug na ‘n vonk nominasie in 2009 vir haar album My wens vir jou.

En talle hoogte punte soos toe sy in 2010 April die verhoog gedeel het met Kurt Darren en Papsopwinterwaternat, in duet saam met hom gesing het.

Met haar album, Hier’s my hart, verras sy ons weer met drie snitte uit haar eie pen, Hier’s my hart, Somerson Partytjie, en Kom ons dans.

Asook twee snitte uit haar ma (Patrys Husselman) se pen. The way I love you en Olke bolke almal splinter nuwe liedjies.


Ander snitte kom uit die pen van Piet van Wyk de Vries en die Tempo Liedjieskryf wenner, Christoph Kotze (Appel).

Karlien verstaan haar gehoor en aanhangers. Sy bied met hierdie album liedjies wat die harstnare roer, die voete kielie na die dansbaan.

Jy gaan oor en oor na haar nuwe treffers, In my drome, Kom ons dans en Niks kan ons nou meer stop nie wil luister.

Karlien verskein in die Huisgenoot, in die Tempo, op Jukebox, in die vrouekeur!

Karlien is terug, met haar hart, maak haar deel van jou hart!!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis