Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Karlien van Jaarsveld is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik. Sy was vroeër lid van die rockgroep Revolusie. Sy was die stigter en hoofsangeres van dié groep. 

Karlien Van Jaarsveld - Sing Vir Liefde
Karlien Van Jaarsveld - Rooilipsoene
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

As die gordyne val – 2010

Jakkals trou met wolf se vrou – 2011

Uitklophou – 2013

My hartjie – 2015

Sing vir liefde – 2017

Biografie

Karlien van Jaarsveld is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik. Sy was vroeër lid van die rockgroep Revolusie. Sy was die stigter en hoofsangeres van dié groep. 

Rockmusiek was altyd in haar bloed en sy het die twee jaar saam met Revolusie beskou as ‘n uitstekende leerskool.

Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om ‘n sololoopbaan te volg en het Revolusie verlaat.

Karlien van Jaarsveld is die oudste van drie kinders. Haar broer, Bobby van Jaarsveld, is ook ‘n bekende sanger.

Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. 

Twee videos is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Karlien se album is alreeds vir ‘n hele paar weke onder die Top 5 verkopers op die DKNT ranglys. 

Die album se verkope het ook Platinum Status bereik.

Karlien verskyn ook in die Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay & Lianie. Sy speel die rol van ‘n parmantige matriekdogter.

Twee van haar album se liedjies, Sweet Dreams en As die Gordyn Val, word op ‘n vars manier gehoor in die fliek.

Sy is in 2011 vir 3 Tempo Toekennings benoem – Beste Nuweling, Beste Pop Album en Beste Vroulike Kunstenaar waarvan sy as Beste Nuweling benoem is.

Karlien is ook benoem in die Ghoema Toekenning vir die volgende kategoriee: Beste Vroulike Kunstenaar; Liedjie van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Musiekvideo van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Album van die Jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Beste Pop Album vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”.

Karlien is as wenner aangewys in die volgende kategoriee: Beste Vroulike Kunstenaar, Musiekvideo van die Jaar en Beste Pop Album.

Karlien van Jaarsveld se album, ‘Sing vir Liefde,’ was maar skaars ‘n maand uitgereik, toe dit reeds 15,000 verkope verbygesteek het om as goud geklassifiseer te word. 

Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat dit bereik is voor die tweede liedjie vanaf die album nog aan radiostasies gestuur is.

Maar dis nie net die bewonderaars wat Karlien hoog aanskryf nie. Apple Music het besluit om hulle gewig agter die titelsnit se musiekvideo te sit en dit was vir 8 weke eksklusief beskikbaar op Apple Music, en iTunes. 

Boonop was die stuur van die enkelsnit met die naam “Sing vir Liefde” aan radiostasies op Valentynsdag, ‘n besluit wat mense laat regop sit en notisie neem het. 

Terwyl Karlien nog wik en weeg wat die tweede treffer vanaf die album sal wees, is gesprekke reeds aan die gang oor die skiet van ‘n volgende musiekvideo en ‘n televisieveldtog wat die blootstelling van haar nuutste CD nog verder sal laat uitkring.

Ten spyte van die feit dat die ekonomie mense hul sente twee keer laat omdraai, bewys die goue status net weer dat hul ook honger is vir ‘n goeie Afrikaanse album, een wat propvol lekker-luister popklanke is en waarvan die musiek ‘n positiewe boodskap uitdra wat die luisteraar sal laat goed voel. 

Saam met Karlien, het Johan Vorster en Appel ook bygedra as skrywers. In Karlien se eie woorde: “Hierdie album laat my vry en lig voel en of alles net oor begin! Ek is mal oor die nuwe album en hoop dat dit dieselfde vir die mense wat dit luister sal bring, lig en ook vrede, en ‘n glimlag.”

Sy en Bobby bied ook hulle eie realiteitsprogram In jou skoene aan wat uitgesaai word op die Via kanaal.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis