Liane Heyl

Liane Heyl

Liane Heyl | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Liane Heyl is ‘n Suid Afrikaanse aktrise en sangeres. Sy het naam gemaak in die baie gewilde Afrikaanse TV-reeks Vetkoek Paleis as Boeboe.

Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Sterredroom -- 1999

Kersfees vir die Kids -- 2015

Biografie

Liane Heyl, een van ‘n identiese tweelingsuster, is ‘n bekende SA aktrise wat bekend is vir haar rol as ‘Boeboe’, ‘n komiese kelnerin in die gewilde program Vetkoek Paleis.

Sy het ‘n Avanti-prys vir beste aktrise in ‘n komedie gewen.

In 2015 het sy as ‘n kankerpasiënt in ‘n Christelike film Hartsbegeertes vertolk.

Liane het ‘n Kers-CD en DVD uitgereik: ‘Kersfees vir die KIDS’ wat op die kindermark gerig is.

In 2016 vertolk sy die rol van “Veronica” in “7de Laan”, SABC2.

Sy speel ook in ‘Ouboet & Wors’ wat sedert Oktober 2017 op KYKNET uitgesaai word.

Sy is ook te sien op KYKNET in ‘n komediereeks “Die Kasteel” as gaskunstenaar, “Henrietta”.

Liane het op die voorblaaie van baie tydskrifte gepronk, en sy en haar suster was op die voorblad van Vrouekeur Tydskrif, Februarie 2018.

Haar stem word op verskeie radioadvertensies gehoor en sy het as leading lady in twee musikale produksies opgetree.

Liane doen sang en MC optredes regoor die land.

Sy bedryf ook sedert 2009 haar eie vier dramastudio’s.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis