Lianie May

Lianie May

Lianie May | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Lianie May is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. 

Lianie May - Strawberry Lips
Jay en Lianie May – Da' Vat Hy
Kry 'n kwotasie
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar ‘n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Vergeet My Nie -- 2007

Kersfees Met Lianie -- 2008

Boeremeisie -- 2009

Bonnie En Clyde -- 2012 (met Jay)

Lank Lewe Die Liefde -- 2011

Naweek Lyfie -- 2014

Vir Liefde -- 2015 (met Jay)

Iemand Om Lief Te Hê -- 2017

Biografie

Lianie May is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. 

Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip.

Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is sy nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly.

Lianie was in 2006 raakgesien en geteken deur die talentvolle musikale genies, Sean Else en Johan Vorster.

Van daar het haar harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars.

Lianie gebore 2 Augustus 1976 te Sasolburg, woonagtig in Pretoria – is steeds SA se liefling sangeres.

Dis nie net haar unieke stem wat haar laat uitstaan nie, maar sy her ook bewys dat sy heel gemaklik agter die pen en skryfproses van treffers kan inklim.

“Dit is lekker om te skryf, ek en Barry skryf gewoonlik saam,” vertel Lianie.

Lianie en Jay se nuwe duet album word binnekort verwag en dit beloof om weer ’n album te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere.

Haar persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge.

Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik.

Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie.

Sy is terug om weer op elke verhoog in Afrika op te tree.

Lianie May gaan weer terug na die mense toe. “Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek is vandag. 

Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog.

Lianie in samewerking met Ralph Jacobs stel ook ’n unieke Lianie May juweel-reeks bekend. Eie aan haar en eksklusief. So kan elke aanhanger ten alle tye ’n stukkie van Lianie naby hou.

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division
On Stage logo
Musiekhuis