Liezel Pieters

Liezel Pieters

 Liezel Pieters | Suid Afrikaanse Kunstenaars

Liezel Pieters is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy word bestempel as die Laura Branigan van Afrikaanse musiek. Sy is oorspronklik van Rustenburg in Noordwes.

Liezel Pieters - In Ons Bloed
Liezel Pieters - Droë Riviere (Video)
Kry 'n kwotasie vir Albert de Wet
Indien daar meer as een kunstenaar optree moet daar 'n klankmaatskappy ingehuur word deur die kliënt.
Indien die kliënt klank voorsien, moet dit aan die spesifikasies van die kunstenaar se tegniese vereistes voldoen.

Diskografie

Asemloos (Single) – 2015

Sing My Hart Uit – 2017

In Ons Bloed (Single) – 2019

Biografie

Liezel Pieters is ‘n Suid Afrikaanse sangeres. Sy is oorspronklik van Rustenburg in Noordwes.

Sy word bestempel as die Laura Branigan van Afrikaanse musiek.

Haar eerste enkelsnit, ‘Asemloos’, resoneer met die glans van die laat tagtigerjare toe legendes soos Belinda Carlisle en Jennifer Rush groot opslae gemaak het. Die tipe stem wat jou oor laat jeuk vir meer!

Vir Liezel was sang nog altyd deel van haar lewe. En dis juis by een van haar vele vertonings by The Barnyard Theatre waar Select Musiek se talent-soekers haar merkwaardige talent opgemerk het en haar uitgenooi het om deel van die span te word.

Met die Krone 2 uitvoering in 2014 het Liezel haar staal behoorlik gewys.

Met ‘Love the way you lie’ saam met Snotkop. ‘Total eclipse of the heart’ saam met Nicholis Louw en ‘n pragtige verwerking van Cher se ‘Believe’ en haar stempel afgedruk as een van Suid-Afrika se mees belowende jong talente.

‘Asemloos’ is ‘n opwindende en energiebelaaide snit met ‘n sterk elektro-pop geur – een wat waarborg om elke bietjie ritme binne jou saam te sleep dansvloer toe!

Dis net so ‘n voorsmakie, want Liezel is hard aan’t werk aan haar solo-album wat later vanjaar vrygestel word.

Buite die glans van die vermaaklikheidswêreld is sy ook ‘n groot kampvegter vir diereregte. Sy beoog om eendag haar eie wildsplaas te besit en daar af te tree.

“Dis vir my belangrik om tyd te neem om rustig te wees, terug te dink oor die pad tot hier en die weg vorentoe te beplan.

Die wêreld van sang en vermaak bruis binne elke deel van my en ek is ongelooflik opgewonde oor ‘Asemloos’. Die uistekende terugvoer wat dit tot dusver ontvang het en ook die vooruitsig van ‘n solo-album!”, sê sy.

Die talente van Liezel Pieters is op die treffers van legendes op topklas-verhoë gevorm en sy is, sonder twyfel, een van dié helderste opkomende sterre om dop te hou!

Suid Afrikaanse Kunstenaars

Blue Division Suid Afrikaanse Kunstenaars
On Stage Suid Afrikaanse Kunstenaars
Musiekhuis Suid Afrikaanse Kunstenaars